Leesplan inligting

Oorwinning Deur Middel Van SwakheidVoorbeeld

Victory Through Weakness

DAG 5 VAN 7

God se Genade in Ons Swakheid

Ons kultuur gebruik verskeie spreekwoorde om die rol van swakheid en pyn in ons lewens te regverdig: "Geen pyn, geen oorwinning", "Pyn is swakheid wat die liggaam verlaat" en "Wat jou nie dood maak nie, sal jou sterk maak." Baie van hierdie moderne spreekwoorde word gebruik om die gesogte prys vir sterker word te beklemtoon. Die kultuur waarin ons leef beloon individuele krag, onafhanklikheid en prestasies. Paulus moedig eerder die teenoorgestelde aan, deur in sy swakheid te roem. Kan dit dalk wees dat dit wat jy as jou grootste probleem aanskou, 'n bewys van God se genade in jou lewe is?


Paulus het baie gely. In 2 Korintiërs 11 gee hy 'n lys van al sy beproewinge en swaarkry. Hy het vyf keer 39 houe met 'n sweep gekry; was drie keer met stokke geslaan; gestenig; verlore op see en drie keer 'n skipbreukeling; moes slaaplose nagte, honger, dors en 'n gebrek aan klere ontbeer — alles net omdat hy 'n volgeling van Jesus Christus was.


Paulus het die koste bereken en nog steeds besluit om Jesus te volg. Daar was egter een spesifieke toestand wat hom gepla het. Hy het God drie keer gesmeek om hom daarvan te verlos. God het die krag gehad om dit te doen, maar Hy het iets beter in gedagte gehad.


Dink aan dit wat die meeste pyn en frustrasie in jou lewe veroorsaak. Sou jy God vra om jou lyding weg te neem as Hy dit wou doen? Paulus het geweet dat God sy lyding kon wegneem; hy het God gesmeek om dit te doen. Maar God het nee gesê. God het vir Paulus (en vir ons) 'n rede gegee: "My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is" (2 Korintiërs 12:9).


Wat sou aanleiding gegee het tot Paulus se gespog oor sy swakheid? Hy het op God se goedheid, wysheid en groter plan vir sy lewe vertrou. Te midde van sy swaarkry het hy gekies om nie bitter te wees nie, maar om op die werk te fokus wat God hom gegee het. Hy het God se perspektief aangeneem en sy moeilikhede as 'n platform gesien waarvandaan hy die krag van God kon sien werk.


God gee dieselfde versekering aan ons. Sy oorvloedige genade is groter as ons swakheid. Dit is die rede vir jou lyding. Aanvaar jou swakheid en weet dat jou grootste moeilikheid eintlik 'n demonstrasie van God se genade in jou lewe is.


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Victory Through Weakness

Lyding kan verwarrend wees. God se volk — en selfs Jesus — het dikwels die "Hoekom?" vraag gevra wanneer hulle lyding ervaar het. Die Skrif onthul sommige, alhoewel nie almal, van God se redes hoekom Hy lyding in ons lew...

More

Baie dankie aan Joni en Vriende, Internasionaal en Tyndale House Uitgewers, die skeppers van die "Beyond Suffering" Bybel, wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek www.beyondsufferingbible.com/ vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid