Leesplan inligting

Oorwinning Deur Middel Van SwakheidVoorbeeld

Victory Through Weakness

DAG 1 VAN 7

Prys God te Midde van Lyding

"Hoekom gebeur dit?" Hierdie vraag word dikwels gevra as ons pyn, hartseer of tragedie beleef. Jy is nie die enigste een wat al so gevoel het nie. Selfs kinders van God kan voel of hulle alleen gelos is. God se Seun het uitgeroep: "My God, my God, waarom het U my verlaat?" (Matteus 27:46). Die Bybel leer ons dat God toelaat dat sy kinders lyding ervaar. In Psalm 22 vra Dawid, wat 'n man na God se hart was (1 Samuel 13:14), ook die vraag: "Waarom?"

Dawid beskryf sy lyding en gevoel van magteloosheid. Aan die einde van die psalm verander sy getreur in lofprysing, alhoewel sy omstandighede nie verander het nie. Dawid sê uitdruklik dat ons God wel kan prys te midde van lyding.

As jy deur 'n moeilike tyd gaan kan jy so maklik God se karakter bevraagteken. Jy wonder dalk: Hoekom sal 'n goeie God toelaat dat ek ly? Dalk was jy in die versoeking om God nalatig en kwaadwillig te noem.

Die Bybel vertel 'n ander storie. God se karakter is perfek; Hy tree altyd in ons beste belange op. As jy in gedagte hou dat God goed en wys is, kan jy begin verstaan hoekom Hy regdeur die Bybel lyding gebruik om groot dinge te doen deur dié vir wie Hy lief is.

Wanneer ons deur moeilike tye gaan kan ons Dawid se voorbeeld volg deur hierdie vier stappe in plek te kry om ons te help om deur te druk:

  • Laat toe dat die Bybel jou gedagtes vorm en oordink die waarhede daarin.
  • Herinner jouself aan God se getrouheid in die verlede, sodat jy jou hoop daarop kan bou.
  • Erken dat jy swak is en nie jou huidige situasie kan hanteer nie.
  • Werp al jou bekommernisse op Hom in gebed, met die wete dat Hy die enigste een is wat jou kan help.

As jy hierdie stappe volg, sal jou denke hernu word. Jy sal vreugde vind in die wete dat jou moeilike tye 'n platform skep om God te verheerlik. Onthou dat lyding net tydelik is. Of dit net 'n paar ure duur of 'n leeftyd, dit is 'n geleentheid vir jou om God se grootheid ten toon te stel. Aan die einde van jou lewe sal dit nie meer moontlik wees nie. Dan geniet jy die ewigheid saam met God. Dit is jou hoogste roeping en grootste geleentheid — om God te verheerlik. Maak soos Dawid en verkondig vandag God se heerlikheid deur jou swakhede.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Victory Through Weakness

Lyding kan verwarrend wees. God se volk — en selfs Jesus — het dikwels die "Hoekom?" vraag gevra wanneer hulle lyding ervaar het. Die Skrif onthul sommige, alhoewel nie almal, van God se redes hoekom Hy lyding in ons lew...

More

Baie dankie aan Joni en Vriende, Internasionaal en Tyndale House Uitgewers, die skeppers van die "Beyond Suffering" Bybel, wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek www.beyondsufferingbible.com/ vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid