Leesplan inligting

Oorwinning Deur Middel Van SwakheidVoorbeeld

Victory Through Weakness

DAG 3 VAN 7

Die Hoop op Die Heerlikheid

Elke dag word mense regoor die wêreld valse beloftes en hoop gegee. Glibberige verkoopsmanne hou wonderkure aan mense voor op TV en goedgelowige verbruikers val in die strik om te glo dat daar 'n vinnige oplossing vir hulle probleme is. In teenstelling hiermee, het die apostel Paulus nie sulke stellings gemaak nie. Hy het dit duidelik gestel in Romeine 8:17b dat ons as volgelinge van Christus wat deel het aan sy heerlikheid, ook deel aan sy lyding moet hê. As jy jou vertroue in God stel en jou hoop in die toekoms plaas, kan jy vandag bly wees.

Paulus gee drie redes om dit te doen.


  • Jou huidige lyding kan nie met die toekomstige heerlikheid vergelyk word nie. Die lyding waardeur jy nou gaan kan nie met die heerlikheid van die hemel vergelyk word nie! Jy leef tans in 'n gevalle wêreld wat die gevolge van die sonde beleef. Dit sal nie vir altyd so wees nie. God belowe 'n toekomstige, ewige heerlikheid saam met Hom, waar alles nuut gemaak sal word.
  • Jou liggaam sal verruil word vir 'n nuwe, perfekte een. Toe jy gered is, het God jou in sy familie aangeneem. Saam met hierdie aanneming is daar 'n wonderlike erfenis. Dis nie net jou fisieke liggaam wat sal verander nie, maar jy sal soos Christus wees en nooit weer sondig nie. Plaas jou hoop in God terwyl jy vir jou verheerlikte liggaam wag.
  • Romeine 8:28 stel dit so: "Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is." As jy 'n volgeling van Christus is, laat God alles in jou lewe ten goede meewerk vir sy heerlikheid, selfs jou moeilikste uitdagings. Elke kind van God ontvang die belofte om na die beeld van Jesus Christus gevorm te word. Jy lyk elke dag meer en meer soos Christus, as jy in gehoorsaamheid wandel. Hierdie proses is voltooi as jy jou verheerlikte liggaam in die hemel kry.

Jou huidige swaarkry sal eendag eindig. Hierdie wêreld bring pyn en moeilike tye vir Christene, maar dit sal eindig as jy sterf. Hoekom is jou huidige lyding nie werd om met die toekomstige heerlikheid vergelyk te word nie? Want in die hemel sal jy 'n perfekte verheerlikte liggaam hê en die ewigheid saam met God deurbring.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Victory Through Weakness

Lyding kan verwarrend wees. God se volk — en selfs Jesus — het dikwels die "Hoekom?" vraag gevra wanneer hulle lyding ervaar het. Die Skrif onthul sommige, alhoewel nie almal, van God se redes hoekom Hy lyding in ons lew...

More

Baie dankie aan Joni en Vriende, Internasionaal en Tyndale House Uitgewers, die skeppers van die "Beyond Suffering" Bybel, wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek www.beyondsufferingbible.com/ vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid