Leesplan inligting

Oorwinning Deur Middel Van SwakheidVoorbeeld

Victory Through Weakness

DAG 7 VAN 7

'n Oorwinning is Verseker

Die meeste mense sal lyding vermy as hulle 'n keuse het. 'n Goeie lewe vereis gesondheid en welstand. 'n Denkwyse wat uit hierdie cliché voortspruit is: "Wel, ek het darem nog my gesondheid". Hierdie bemoediging word dikwels aan mense voorgehou wat 'n groot materiële verlies gehad het. Is daar egter enige hoop of bemoediging vir iemand wat siek of gestremd is? Ja, beslis! Daar is iemand wat jou kan help — Jesus Christus is gewillig om jou swakhede op hom te neem sodat jou oorwinning verseker is.


Die profeet Jesaja skilder 'n beeld van die Lydende Dienaar. Jesaja beskryf 'n man wat gekies het om jou straf aan die kruis te dra — iemand wat doelbewus medelye gehad het met jou swakhede en tekortkominge, wat deur mense verag en verstoot is en wie se voorkoms mense die gesig laat wegdraai het. Hy het dit om jou onthalwe gedoen.


Wat kon iemand dring om sy posisie van mag en krag prys te gee vir 'n lewe van hartseer en lyding? Die antwoord is liefde. God se liefde het Hom sy Seun, Jesus Christus, laat prysgee as 'n offerande vir sonde. Dit was God se liefde wat Jesus uit die hemel na die aarde gebring het. God se liefde word in Jesus Christus, die Lydende Dienaar, openbaar.


Dit is alles deel van God se "wil" om jou in sy familie te verwelkom (Jesaja 53:10). Die lyding van God se enigste Seun word goed genoem ter wille van God se onthalwe en joune.


Watter stryd jy ook al vandag in die gesig staar, weet dat jy nie alleen is nie. Uit liefde het Jesus hom in jou posisie geplaas. Hy was verag en geminag. Hy moes benoudheid verduur en mense het van hom af weggedraai. Hy het nooit kinders gehad nie en sy familie het hom verwerp. God het egter sy Seun vir sy lyding vergoed en Hy sal dieselfde vir jou doen. Draai vandag na Jesus toe. Hy alleen kan jou oorwinning verseker.


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Victory Through Weakness

Lyding kan verwarrend wees. God se volk — en selfs Jesus — het dikwels die "Hoekom?" vraag gevra wanneer hulle lyding ervaar het. Die Skrif onthul sommige, alhoewel nie almal, van God se redes hoekom Hy lyding in ons lew...

More

Baie dankie aan Joni en Vriende, Internasionaal en Tyndale House Uitgewers, die skeppers van die "Beyond Suffering" Bybel, wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek www.beyondsufferingbible.com/ vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid