Leesplan inligting

Oorwinning Deur Middel Van SwakheidVoorbeeld

Victory Through Weakness

DAG 2 VAN 7

'n Unieke Dienaar

God stel nie belang om mense se persoonlike prestasies te eer nie. God wil eerder sy krag vertoon in mense wat swak is. Jy voel dalk benadeel as gevolg van swakhede of omstandighede, maar God het jou met 'n doel geskape sodat sy krag deur jou vertoon kan word.


Daar is baie voorbeelde in die Bybel waar God gewone mense gebruik om ongewone dinge te doen. In die Ou Testament lees ons van Gideon. God het Gideon gekies om Israel se weermag te lei, al was hy van die swakste stam en die minste gereken in sy gesin. Hy het God se krag betwyfel. Gideon het God gevra om twee wondertekens met 'n vlies te doen as bewys dat hy uitgekies was — sy geloof was so min dat hy twee wonderwerke wou sien voor hy kon glo en gehoorsaam wees.


God het 'n spesifieke plan in gedagte gehad toe Hy Gideon gekies het: om die swakste persoon te kies om 'n magtige werk te doen. God het die groot weermag wat Gideon wou gebruik, stelselmatig uitgedun. Gideon het net driehonderd manne oorgehad van die oorspronklike twee en dertig duisend. Israel sou glad nie kon spog as hulle die geveg wen nie.


Dis vreemd dat God vir Gideon as leier vir hierdie geskiedkundige gebeurtenis gekies het, in plaas van al die beter gekwalifiseerde manne in Israel. Hoekom wou God nie die oorwinning met twee en dertig duisend manne aanpak nie? Vanuit 'n menslike standpunt is dit 'n onnodige risiko. God het egter geweet dat hulle in die versoeking sou kom om te spog dat hulle die geveg in hulle eie krag gewen het, as die weermag so groot was (Rigters 7:2).


God wil hê dat ons op sy krag staatmaak. As jy op die oomblik worstel met 'n gebrek of mediese diagnose, kan jy dink jy word benadeel, maar God het nie 'n fout gemaak toe Hy jou geskape het nie. Jy hoef nie skaam te wees oor hoe God jou gemaak het nie. Net soos in Gideon se geval, word God vereer deur ons swakheid, want dan word sy krag ten toon gestel! Wanneer ons sterkpunte, talente, geleenthede en vooruitsigte beperk is, kan ons God se wysheid, glorie en krag meer duidelik in ons lewens sien werk.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Victory Through Weakness

Lyding kan verwarrend wees. God se volk — en selfs Jesus — het dikwels die "Hoekom?" vraag gevra wanneer hulle lyding ervaar het. Die Skrif onthul sommige, alhoewel nie almal, van God se redes hoekom Hy lyding in ons lew...

More

Baie dankie aan Joni en Vriende, Internasionaal en Tyndale House Uitgewers, die skeppers van die "Beyond Suffering" Bybel, wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek www.beyondsufferingbible.com/ vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid