Leesplan inligting

Vyande van die HartVoorbeeld

Enemies Of The Heart

DAG 4 VAN 5

Andy Stanley: Vyande van die Hart


Oordenking Dag 4


"Wees op die Uitkyk vir Gierigheid"


Skrifgedeelte: Lukas 12:13-21



Die derde vyand van die hart? Gierigheid. Dit is wanneer ons voel dat ons nog meer wêreldse rykdom en goed verdien. Gierigheid sê: "Ek skuld myself."


Jesus sê: "Pasop! Wees op jou hoede teen alle soorte gierigheid." Hoekom? Want van die vier hartstoestande waaroor ons nadink, is gierigheid die mees subtiele een van hulle almal. Gierigheid kan in die hart kom woon en vir jare ongemerk daar leef. 'n Onbewaakte hart is hoogs vatbaar vir hierdie verlammende siekte. Dit is moeilik om te diagnoseer — veral om dit self te diagnoseer.


Jesus het voortgegaan om die leuen wat deur gierigheid aangevuur word te ontbloot: "Die lewe bestaan nie uit 'n oorvloed van besittings nie." Weet almal dit dan nie? Glo mense werklik dat hulle lewens gelykstaande is aan dit wat hulle besit? Die antwoord is nee en ja. Nee, nie almal weet dit nie. En ja, daar is mense wat glo dat hulle lewenswaarde gemeet word aan dit wat hulle besit. Baie meer mense is vandag geneig om hierdie leuen te glo as wat jy sou dink.


Nadat Hy 'n gelykenis vertel het, het Jesus sy definisie van 'n gierige persoon gegee: "iemand wat vir homself skatte bymekaarmaak, en nie in God ryk is nie" (vers 21). Om "ryk in God" te wees is Jesus-taal om vrygewig te wees teenoor diegene in nood. 'n Gierige persoon is 'n man of vrou wat versigtig spaar, maar ook spaarsamig gee.


Om mildelik te gee sal die houvas verbreek wat gierigheid op jou lewe het. Dus, of jy nou dink jy het meer as genoeg of nie, gee en gee mildelik. Jy moet soveel gee totdat jy gedwing word om jou leefstyl aan te pas. As jy nie bereid is om te gee totdat dit 'n impak op jou leefstyl het nie, is jy, volgens Jesus, gierig. As jy soveel verbruik totdat jy net 'n bietjie of niks oorhet om te gee nie, is jy gierig. As jy soveel verbruik en spaar totdat jy net 'n bietjie, of niks oorhet om te gee nie, is jy gierig.


Ek weet dit is sterk gestel. Eintlik, 'n bietjie kras.


Maar dit is waar.


Breek die houvas wat gierigheid op jou lewe het met 'n gewoonte om te gee. Dit is 'n gewoonte wat alles sal verander.


Evalueer oor die afgelope twaalf maande hoe ruimhartig jy was om te gee. Wat sê jou liefdadige skenkings oor jou hart? Bid oor hoe dit vir jou sal wees om 'n nuwe vlak van vrygewigheid oor die volgende twaalf maande te betree.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Enemies Of The Heart

Net soos `n fisiek ongesonde hart jou liggaam skade kan berokken, so kan `n emosioneel en geestelike ongesonde hart ook jou en jou verhoudings skade berokken. Laat toe dat Andy Stanley jou vir die volgende vyf dae help o...

More

Baie dankie aan Andy Stanley en Multnomah wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek gerus: bit.ly/2gNB92i

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid