Leesplan inligting

Vyande van die HartVoorbeeld

Enemies Of The Heart

DAG 1 VAN 5

Andy Stanley: Vyande van die Hart


Oordenking Dag 1


"Die Smeulende Vulkaan"


Skrifgedeelte: Matteus 15:1-20



Ons is geneig om ons gedrag te beheer maar ons ignoreer ons harte. Hoe beheer jy in elk geval jou hart? Ek kan nie in my gedrag te ver van koers af gaan sonder dat iemand my aandag daarop vestig nie. Maar my hart? Dit is 'n bietjie meer ingewikkeld.



Jesus het iets gesê wat vandag nog ernstige gevolge het: "Wat by die mond uitkom, kom uit die hart," en dan: "Dit is die dinge wat die mens onrein maak" (Matteus 15:18).



Die hart is so 'n raaisel. Daar het selfs 'n profeet gevra: "Wie kan dit verstaan?" (Jeremia 17:9). Goeie vraag. Die gevolgtrekking is dat niemand dit kan verstaan nie. Daarmee stem ek heeltemal saam. Selfs as ons dit kon begin verstaan, kan ons dit beslis nie beheer nie — wat al hoe meer rede is hoekom ons moet leer om bewus te wees van wat in ons harte aangaan. Dis soos die seismiese aktiwiteit van 'n sluimerende vulkaan, wat jy nie weet nie kan jou seermaak.



Onverwags dagvaar iemand vir 'n egskeiding.


Opeens val 'n kind se skoolpunte en sy houding verander.


Skielik word 'n onskuldige tydverdryf 'n vernietigende gewoonte.


Uit die bloute deurboor vernietigende woorde die siel van 'n niksvermoedende geliefde.


Ons almal het dit al gesien, gevoel, dit selfs veroorsaak. Net soos Jesus voorspel het, sal die geheime van ons harte nie vir altyd geheim bly nie. Uiteindelik dring dit ons huise, kantore en woonbuurtes binne.


Wat in die hart is, sypel deur in elke gesprek. Dit skryf elke verhouding voor. Ons lewens spruit voort uit die hart. Ons leef, dissiplineer, lei, bring in verband, verromantiseer, konfronteer, reageer, beantwoord, gee opdragte, bestuur, los probleme op, en het lief vanuit ons harte. Ons harte het 'n effek op die manier waarop ons kommunikeer. Ons harte het die vermoë om dinge waaroor ons sensitief of onsensitief is, te vererger. Elke faset van die lewe word beïnvloed deur wat in ons harte aangaan. Alles gaan deur ons harte op pad na hul bestemming. Alles.



Ons het die moed nodig om die hemelse Vader se hulp te vra om te kan sien, te verstaan en ons harte te reinig. Hy is gretig om te reageer en om ons te wys hoe om ou slegte gewoontes van die hart te vervang met nuwe en beter gewoontes; wat ons mettertyd meer soos sy Seun sal maak.


Gedurende die volgende vier dae, gaan ons in hierdie oordenkings vier vyande van die hart ondersoek wat ons almal in die gesig staar.


Wat onthul jou onlangse gedagtes, woorde en dade oor wat in jou hart aangaan? Vra ook iemand na aan jou vir sy of haar mening hieroor.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Enemies Of The Heart

Net soos `n fisiek ongesonde hart jou liggaam skade kan berokken, so kan `n emosioneel en geestelike ongesonde hart ook jou en jou verhoudings skade berokken. Laat toe dat Andy Stanley jou vir die volgende vyf dae help o...

More

Baie dankie aan Andy Stanley en Multnomah wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek gerus: bit.ly/2gNB92i

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid