Leesplan inligting

Vyande van die HartVoorbeeld

Enemies Of The Heart

DAG 3 VAN 5

Andy Stanley: Vyande van die Hart


Oordenking Dag 3


"Laat Seer en Woede Gaan"


Skrifgedeelte: Efesiërs 4:25-32



Die tweede vyand van die hart is woede. Ons word kwaad wanneer ons nie kry wat ons wil hê nie.


Wys my 'n persoon wat kwaad is en ek sal jou 'n persoon wys wat seer het. Ek waarborg jou daardie persoon het seer omdat iets van hom weggeneem is. Iemand skuld hom iets.


Ons almal ken mense wie se woede op een van die volgende maniere verwoord kan word: "Jy het my van my reputasie ontneem." "Jy het my familie gesteel." "Jy het die beste jare van my lewe gevat." "Jy het my eerste huwelik gesteel." "Jy het my van my tienerjare beroof." "Jy het my van my reinheid beroof." "Jy skuld my 'n verhoging." "Jy skuld my 'n geleentheid om te kan probeer." "Jy skuld my 'n tweede kans." "Jy skuld my liefde."


Die oorsaak van woede is die indruk wat ons het dat iets weggevat is. Iets is aan jou verskuldig. Nou is 'n skuld-tot-skuldenaar-verhouding gevestig.


Wat van jou? Watter skuld veroorsaak die woede wat jy voel?


Hoe lank gaan jy toelaat dat die mense wat jou seergemaak het jou lewe beheer? Nog 'n maand? Nog 'n jaar? Nog 'n tydperk in jou lewe? Hoe lank?


Ek wil graag voorstel dat vandag die dag moet wees wat jy ophou om aan die seer vas te hou!


Al is dit waar dat jy nie gedane sake ongedaan kan maak nie, is dit ewe waar dat jy nie nodig het dat die verlede jou toekoms beheer nie. In Efesiërs 4, word ons beveel om "ontslae te raak van alle bitterheid, wraak en woede." Ons doen dit deur "mekaar te vergewe, net soos God jou in Christus vergewe."


Die oplossing vir woede is vergifnis. As ons aanhou wag om terugbetaal te word vir die onregte wat aan ons gedoen is, gaan óns diegene wees wat betaal. Aan die ander kant, as ons kanselleer wat aan ons geskuld word, sal dit ons vrymaak.


Van die vier afskuwelike magte wat in hierdie oordenkings bespreek word, glo ek dat hierdie een — onopgeloste woede van opsetlike en onopsetlike seer — die mees skadelike is. Tog, op 'n sekere manier, is dit die maklikste om te oorkom. Jy besluit doodeenvoudig om die skuld te kanselleer. Jy besluit en verklaar: "Jy skuld my nie meer nie."


Volg die vier-stap proses vandag: (1) Identifiseer vir wie jy kwaad is. (2) Bepaal wat hulle jou skuld. (3) Kanselleer die skuld deur hulle te vergewe. (4) Moenie toelaat dat die woede weer opbou nie.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Enemies Of The Heart

Net soos `n fisiek ongesonde hart jou liggaam skade kan berokken, so kan `n emosioneel en geestelike ongesonde hart ook jou en jou verhoudings skade berokken. Laat toe dat Andy Stanley jou vir die volgende vyf dae help o...

More

Baie dankie aan Andy Stanley en Multnomah wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek gerus: bit.ly/2gNB92i

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid