Leesplan inligting

Vyande van die HartVoorbeeld

Enemies Of The Heart

DAG 5 VAN 5

Andy Stanley: Vyande van die Hart

Oordenking Dag 5

"Om jou Begeertes na God toe te neem"

Skrifgedeelte: Jakobus 4:1-3



Elkeen van die vyande van die hart word aangespoor deur die idee dat iemand iets skuld. Skuldgevoelens sê: "ek skuld jou." Woede word aangevuur deur die idee dat jy vir my iets skuld. Gierigheid word lewendig gehou deur die veronderstelling dat ek myself skuld. Hierdie vierde hartskwessie is nie veel anders nie. Jaloesie sê: "God skuld my."


Wanneer ons aan jaloesie of afguns dink, dink ons dadelik aan die dinge wat ander het en waaraan ons 'n tekort het — voorkoms, vaardighede, geleenthede, gesondheid, lengte, erfenis, ens. Ons neem aan dat ons 'n probleem het met die persoon wat dit het wat ons nie het nie. Kom ons wees eerlik met onsself, God kon dit alles vir ons gegee het. Wat Hy aan jou naaste gegee het, kon Hy ook vir jou gegee het. Dis dalk waarom jy hier binne voel dat Hy jou skuld.

Jaloesie kan jou lewe terroriseer en verwoesting saai in jou verhoudings. Die goeie nuus is dat hierdie monster, nes die ander drie, 'n swak punt het. Dit is iets wat jy nie sal verwag nie: Hou op om te begeer wat ander het en begin om God daarvoor te vra, want Hy weet wat die beste vir jou is.


Jakobus sê ons eksterne konflikte is die direkte resultaat van 'n interne konflik wat sy weg na die oppervlak gevind het. Ons wil iets hê wat ons nie het nie, en daarom raak ons in 'n bakleiery met ander betrokke. Die begeertes waarna Jakobus in hierdie Skrifgedeelte verwys, verteenwoordig 'n onversadigbare dors — ons dors vir goed, geld, erkenning, sukses, vordering, intimiteit, seks, pret, verhouding en vennootskap.


Wat doen ons egter met die begeertes en drange wat nooit ten volle en finaal bevredig kan word nie? Jakobus sê ons neem hulle na die Een wat hulle in die eerste plek geskep het. Met ander woorde, Jakobus beveel aan om ons harte uit te stort in 'n openhartige gesprek met ons Skepper.


Elke bekommernis wat jy het, groot of klein, maak vir die Vader saak, want jy maak vir die Vader saak. Of dit nou betrekking het op jou liefdeslewe, loopbaan, huwelik, ouers, kinders, finansies, opvoeding of jou voorkoms, bring dit na Hom toe. Hou aan om dit vir Hom te bring totdat jy die vrede kry om van jou knieë af op te staan en die dag aan te pak, vol vertroue in die wete dat Hy vir jou omgee.


Laat ek jou verseker, jou hart sal altyd kosbaar wees vir sy hart.

Waarna verlang jou hart? Bestee tyd in 'n absoluut vrye, onbelemmerde gesprek met God oor dit waaraan jy voel jy 'n tekort het. Vra Hom om jou te seën op die wyse wat Hy weet beter is — en om sy liefde aan jou deur alles heen te openbaar.


Ons hoop jy het Andy se 5-dag YouVersion leesplan oor "Vyande van die Hart." geniet. Delf dieper en vind langtermyn genesing en herstel deur 'n kopie van Andy se boek, Enemies of the Heart,by jou naaste boekwinkel te kry.


Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Enemies Of The Heart

Net soos `n fisiek ongesonde hart jou liggaam skade kan berokken, so kan `n emosioneel en geestelike ongesonde hart ook jou en jou verhoudings skade berokken. Laat toe dat Andy Stanley jou vir die volgende vyf dae help o...

More

Baie dankie aan Andy Stanley en Multnomah wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek gerus: bit.ly/2gNB92i

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid