Van Vandag af VorentoeVoorbeeld

Die Woord van God sê vir ons dat die tong 'n kragtige wapen is. Trouens, die tong word in Spreuke beskryf as so skerp soos 'n tweesnydende swaard. Gevolglik moet jy getrou let op die gebruik van jou woorde om regverdig te wees wanneer julle stry of verskille het.
Gesprek: Vergelyk hoe elkeen van julle gesinne konflik hanteer het terwyl hulle grootgeword het en bespreek hoe dit die manier gevorm het waarop julle konflik hanteer.
Bid: Vra God om vir jou die regte woorde te gee om vir jou huweliksmaat te sê om regverdig te verskil. Vra Hom ook om jou te help om te alle tye lewegewende woorde teenoor jou huweliksmaat te gebruik.
Doen: Betuig jou liefde aan jou huweliksmaat deur 'n nota van aanmoediging te skryf en dit per brief, teks of e-pos aan die ander te stuur.

Aangaande hierdie leesplan

Moeg om te kyk hoe huwelike verbrokkel? Moeg daarvoor dat paartjies moed verloor? Wil jy graag waarborg dat jou huwelik nie sal misluk nie? Hierdie leesplan sal jou help deur vir jou vyf dinge uit die Woord van God te wys wat vandag in elke huwelik gedoen moet word om staande te bly. Lees hierdie leesplan saam met jou huweliksmaat en wees as 'n paartjie elke dag doelbewus in die besprekings, Bybellees, gebede en aktiwiteite.
More
We would like to thank Life.Church for providing this plan. For more information, please visit: www.life.church