Van Vandag af VorentoeVoorbeeld

From This Day Forward

DAG 11 VAN 33

Getroude paartjies wat regverdig stry, werk saam aan 'n oplossing. Paartjies wat nie regverdig stry nie streef om te wen. Wanneer ons mekaar konfronteer, moet ons streef na genesing en nie om te wen nie.

Gesprek: Onthou een van die lafste dinge waaroor julle al in jul huwelik gestry het. Hoekom dink jy stry paartjies so dikwels oor lawwe dinge?

Bid: Vra God om jou foute te openbaar wanneer dit by 'n stryery kom en vra Hom om hulp sodat julle op daardie gebiede kan verbeter.

Doen: As jy onlangs iets goeds in jou huwelik ervaar het, vier dit vandag. Wees gerus kreatief in hoe julle feesvier. As julle voel julle het niks om te vier nie, vier dan iets wat goed was uit julle verlede en praat oor hoe daardie oomblik julle huwelik beïnvloed het.

Aangaande hierdie leesplan

From This Day Forward

Moeg om te kyk hoe huwelike verbrokkel? Moeg daarvoor dat paartjies moed verloor? Wil jy graag waarborg dat jou huwelik nie sal misluk nie? Hierdie leesplan sal jou help deur vir jou vyf dinge uit die Woord van God te wys wat vandag in elke huwelik gedoen moet word om staande te bly. Lees hierdie leesplan saam met jou huweliksmaat en wees as 'n paartjie elke dag doelbewus in die besprekings, Bybellees, gebede en aktiwiteite.

More

We would like to thank Life.Church for providing this plan. For more information, please visit: www.life.church