Van Vandag af VorentoeVoorbeeld

From This Day Forward

DAG 10 VAN 33

Om regverdig te stry moet jy jou woede regverdig hanteer. As jy net volgens jou emosies reageer, sal dit die stryery vererger. Wees eerder stadig om kwaad te word soos die Bybel in Jakobus 1:19 sê, want dit sal lei tot oplossings en genesing.

Gesprek: Bespreek met jou huweliksmaat die beste manier en tyd om mekaar te nader wanneer ’n kwessie in julle huwelik hanteer moet word.

Bid: Vra God om aan julle elkeen tye te openbaar waar julle nie regverdig gestry het nie en om julle te help om enige skade aan julle huwelik te herstel wat deur hierdie stryery veroorsaak is.

Doen: Skep 'n eenvoudige lys grondreëls gebaseer op wat jy uit die Woord van God geleer het om te gebruik wanneer jy stry. Hou hierdie lys op 'n plek waar julle albei dit kan sien om julle te herinner hoe om regverdig te stry.

Aangaande hierdie leesplan

From This Day Forward

Moeg om te kyk hoe huwelike verbrokkel? Moeg daarvoor dat paartjies moed verloor? Wil jy graag waarborg dat jou huwelik nie sal misluk nie? Hierdie leesplan sal jou help deur vir jou vyf dinge uit die Woord van God te wys wat vandag in elke huwelik gedoen moet word om staande te bly. Lees hierdie leesplan saam met jou huweliksmaat en wees as 'n paartjie elke dag doelbewus in die besprekings, Bybellees, gebede en aktiwiteite.

More

We would like to thank Life.Church for providing this plan. For more information, please visit: www.life.church