Van Vandag af VorentoeVoorbeeld

Die afgelope paar weke het jy vanuit die Woord van God geleer hoe om julle huwelik te bewaar deur hierdie vyf dinge te doen: soek God op, stry regverdig, geniet dinge saam, bly rein, en gee nooit moed op nie. Dit klink baie maklik om die vyf dinge te doen, maar dit verg baie werk van beide van julle om te slaag. Maar julle huwelik is dit werd.
Moenie dat julle huwelik deel word van die groeiende statistieke nie. Onthou dat God julle bymekaar gevoeg het net soos wat Hy Adam en Eva, soos beskryf in Genesis 2, bymekaar gevoeg het. Julle is geskep om mekaar te komplimenteer, metgeselle te wees, mekaar lief te hê, en God se wil vir julle huwelik en lewe te vervul.
Gesprek: Bespreek watter volgende stappe julle moet neem om te verseker dat julle aanhou groei en jul huwelik beskerm.
Bid: Dank God vir alles wat julle oor die afgelope paar weke van mekaar en oor jul huwelik geleer het. Vra Hom vir leiding met die volgende stappe wat julle moet neem om nader aan 'n gesonde huwelik te beweeg.
Doen: Doen iets spesiaals om jou liefde aan jou huweliksmaat uit te druk asook jou toewyding om te verseker dat julle huwelik lewenslank hou.

Aangaande hierdie leesplan

Moeg om te kyk hoe huwelike verbrokkel? Moeg daarvoor dat paartjies moed verloor? Wil jy graag waarborg dat jou huwelik nie sal misluk nie? Hierdie leesplan sal jou help deur vir jou vyf dinge uit die Woord van God te wys wat vandag in elke huwelik gedoen moet word om staande te bly. Lees hierdie leesplan saam met jou huweliksmaat en wees as 'n paartjie elke dag doelbewus in die besprekings, Bybellees, gebede en aktiwiteite.
More
We would like to thank Life.Church for providing this plan. For more information, please visit: www.life.church