My broers, julle moenie almal leermeesters wil wees nie, want julle moet weet dat ons wat leermeesters is, strenger as ander beoordeel sal word. Ons struikel almal in baie opsigte. As iemand nooit struikel in wat hy sê nie, is hy volmaak, by magte om ook sy hele liggaam in toom te hou. Vir perde sit ons 'n stang in die bek, en dan gehoorsaam hulle ons en het ons hulle hele liggaam onder beheer. Dink ook maar aan skepe: al is hulle baie groot en al is die winde wat hulle aandryf, baie sterk, word hulle tog met 'n baie klein roertjie gestuur net waarheen die stuurman wil. So is die tong ook maar 'n klein liggaamsdeeltjie, en tog het dit groot mag. 'n Klein vuurtjie kan 'n groot bos aan die brand steek. Die tong is ook 'n vuur, 'n wêreld vol ongeregtigheid, die deel van die liggaam wat die hele mens besmet. Dit steek die hele lewe, van die geboorte af tot die dood toe, aan die brand, en self word dit uit die hel aan die brand gesteek. Alles wat loop, vlieg, kruip of swem, elke soort dier word en is al deur die mens getem, maar geen mens kan die tong tem nie. Dit is 'n rustelose kwaad, vol dodelike gif. Met die tong loof ons die Here en Vader, en met die tong vloek ons die mense wat as die beeld van God gemaak is. Uit dieselfde mond kom lof en vloek. My broers, so moet dit nie wees nie. 'n Fontein laat tog nie uit dieselfde oog vars en brak water opborrel nie. 'n Vyeboom, my broers, kan tog nie olywe dra nie, of 'n druiwestok vye nie. 'n Brak fontein kan mos nie vars water gee nie!
Lees JAKOBUS 3
Deel
Vergelyk alle weergawes: JAKOBUS 3:1-12
5 dae
Met ons woorde kan ons mekaar bou of breek. Daarom moet ons ons woorde tel, want woorde maak saak. Ons moet onsself daarop instel om woorde van waardering en aanmoediging te spreek. Ons woorde moet met genade deurweek wees en ons moet die waarheid in liefde praat terwyl ons ook aan die emosionele inhoud van ons woordeskat aandag skenk. Hoe sal ons woorde aangenaam wees?
6 Days
Words are powerful. They can beat us down and lift us up. They wound and they heal. And the right words at the right time can be exactly what we need to hear—or what we need to say. Hear from four people just like you who are finding the right words in this new Life.Church Bible Plan to accompany Pastor Craig Groeschel’s series, My Big Fat Mouth .
18 Dae
As jy 'n gelowige in Jesus Christus is, dan moet jou optrede jou nuwe lewe weerspieël; stel jou geloof in aksie. Reis daagliks deur Jakobus terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
21 Days
Every single one of us has spoken words “under the influence” of warped feelings and slurred thinking. And soon wish we had the magical power to take those words back. It’s our thoughts and emotions that determine what words come out of our mouths. Guide Your Mind, Guard Your Heart, Grace Your Tongue will enable you to take control of your thoughts and feelings in order to grace your tongue.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's