Van Vandag af VorentoeVoorbeeld

’n Lang gesonde huwelik kom met die soeke na God – beide individueel en gesamentlik. Oor die volgende vyf dae sal julle fokus op die belangrikheid daarvan om God in jul huwelik op te soek en praktiese maniere te vind waarop julle Hom kan opsoek.
God is jou "eerste" en jou huweliksmaat is jou "tweede". Julle sal nooit in die lewe vervul word voordat julle nie die "eerste" opgesoek en ontmoet het nie. God is die enigste Een wat ware vervulling kan bring.
Gesprek: Vertel mekaar van 'n tyd toe God vir julle baie werklik gevoel het.
Bid: Bid dat julle beide 'n hernieude passie vir God sal ontwikkel.
Doen: Skryf kortliks julle verhale hoe julle Christus as jul Verlosser leer ken het en deel dan julle verhale met mekaar.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Moeg om te kyk hoe huwelike verbrokkel? Moeg daarvoor dat paartjies moed verloor? Wil jy graag waarborg dat jou huwelik nie sal misluk nie? Hierdie leesplan sal jou help deur vir jou vyf dinge uit die Woord van God te wys wat vandag in elke huwelik gedoen moet word om staande te bly. Lees hierdie leesplan saam met jou huweliksmaat en wees as 'n paartjie elke dag doelbewus in die besprekings, Bybellees, gebede en aktiwiteite.
More
We would like to thank Life.Church for providing this plan. For more information, please visit: www.life.church