Van Vandag af VorentoeVoorbeeld

From This Day Forward

DAG 25 VAN 33

Die tweede soort reinheid waarop almal moet fokus, is innerlike reinheid. Hierdie soort reinheid verwys na die toestand van jou hart. Trouens, as jy sukkel met uiterlike reinheid, is dit waarskynlik die gevolg van 'n gebrek aan innerlike reinheid. Innerlike reinheid begin in jou hart deur 'n verhouding met Christus, en jy handhaaf innerlike reinheid deur jou verhouding met Hom te koester en voortdurend te laat groei. Innerlike reinheid is ook die gevolg daarvan om jou gedagtes op Christus te fokus en nie op dinge wat onrein is nie. Wees passievol daaroor om God te behaag en 'n lewe van totale reinheid te lei, beide innerlik en uiterlik.

Gesprek: Deel met mekaar die huidige toestand van julle harte. Bespreek watter dinge julle albei moet doen om innerlike reinheid te behou.

Bid: Vra God se hulp om innerlike veranderinge te maak om 'n rein hart te hê.

Doen: Betuig vandag in die openbaar julle liefde aan mekaar. ’n Goeie manier om dit te doen is om iets positiefs oor mekaar op Facebook of Twitter te plaas of om goeie dinge oor mekaar in gesprekke te sê.

Aangaande hierdie leesplan

From This Day Forward

Moeg om te kyk hoe huwelike verbrokkel? Moeg daarvoor dat paartjies moed verloor? Wil jy graag waarborg dat jou huwelik nie sal misluk nie? Hierdie leesplan sal jou help deur vir jou vyf dinge uit die Woord van God te wys wat vandag in elke huwelik gedoen moet word om staande te bly. Lees hierdie leesplan saam met jou huweliksmaat en wees as 'n paartjie elke dag doelbewus in die besprekings, Bybellees, gebede en aktiwiteite.

More

We would like to thank Life.Church for providing this plan. For more information, please visit: www.life.church