Van Vandag af VorentoeVoorbeeld

Die huwelik is nie maklik nie. Onthou julle jul belofte om mekaar in voorspoed en teenspoed lief te hê? Julle sal beslis moeilike tye saam beleef. Dit is gewaarborg, maar julle kan nie moed verloor wanneer tye moeilik raak nie. Dit is nie 'n opsie nie. Hierdie week gaan julle uit die Woord van God lees oor die belangrikheid daarvan om nie in jou huwelik moed te verloor nie en bespreek hoe julle dit in jul huwelik kan toepas.
Dit wil voorkom of baie getroude paartjies hul wil verloor het om deur te druk. Ons sien bewyse hiervan in die groeiende egskeidingsyfer. Die Woord van God sê egskeiding moet nooit 'n oorweging wees nie. Wanneer tye moeilik raak in die huwelik, moet die woord "egskeiding" nooit ter sprake kom nie. Jou huwelik is die moeite werd om voor te veg. Moet nooit opgee nie!
Gesprek: Bespreek met jou huweliksmaat hoe egskeiding jou familie en die families van julle vriende beïnvloed het.
Bid: Vra God se hulp om nooit die woord egskeiding te gebruik nie en aan julle albei die wil en vasberadenheid te gee om nooit moed te verloor wanneer tye moeilik raak nie.
Doen: Gaan kyk weer na julle troubeloftes of soek ’n paar aanlyn waarvan julle albei hou en sê dit vir mekaar op. Staan tyd af om nuwe beloftes te skryf wat sal help om die visie vir die toekoms van jul huwelik te vorm.

Aangaande hierdie leesplan

Moeg om te kyk hoe huwelike verbrokkel? Moeg daarvoor dat paartjies moed verloor? Wil jy graag waarborg dat jou huwelik nie sal misluk nie? Hierdie leesplan sal jou help deur vir jou vyf dinge uit die Woord van God te wys wat vandag in elke huwelik gedoen moet word om staande te bly. Lees hierdie leesplan saam met jou huweliksmaat en wees as 'n paartjie elke dag doelbewus in die besprekings, Bybellees, gebede en aktiwiteite.
More
We would like to thank Life.Church for providing this plan. For more information, please visit: www.life.church