Van Vandag af VorentoeVoorbeeld

From This Day Forward

DAG 31 VAN 33

Dit is die moeite werd om vir julle gesin te veg. Dit is die moeite werd om vir julle huwelik te veg. Moenie moed verloor wanneer tye moeilik raak nie en maak eerder soos Nehemia gesê het: ''veg vir julle broers, julle seuns en julle dogters, julle vrouens en julle huise" (Nehemia 4:14b). As julle op pad is na 'n egskeiding, begin dan daarteen veg. As julle verhouding met mekaar gespanne is, veg daarteen en soek herstel. As julle mekaar seergemaak het en julle koester wedersydse wrokke, veg daarteen. Laat daardie wrokke vaar en vergewe mekaar.

Gesprek: Erken enige wrok wat julle met mekaar het en vergewe mekaar. Bespreek daardie areas van julle huwelik wat herstel nodig het.

Bid: Vra God om julle toe te rus met die middele wat julle nodig sal hê om vir julle huwelik te veg wanneer dit aangeval word.

Doen: Onderneem om aktief betrokke te bly by die saamlees van die Woord van God en saam te bid deur 'n nuwe leesplan of oordenkings te kies om volgende week mee te begin.

Aangaande hierdie leesplan

From This Day Forward

Moeg om te kyk hoe huwelike verbrokkel? Moeg daarvoor dat paartjies moed verloor? Wil jy graag waarborg dat jou huwelik nie sal misluk nie? Hierdie leesplan sal jou help deur vir jou vyf dinge uit die Woord van God te wys wat vandag in elke huwelik gedoen moet word om staande te bly. Lees hierdie leesplan saam met jou huweliksmaat en wees as 'n paartjie elke dag doelbewus in die besprekings, Bybellees, gebede en aktiwiteite.

More

We would like to thank Life.Church for providing this plan. For more information, please visit: www.life.church