Van Vandag af VorentoeVoorbeeld

Wanneer onreinheid 'n huwelik binnekom, kan die resultate verwoestend wees. Staan vandag 'n oomblik af om die nadraai van vernietiging te visualiseer wat sou ontstaan as jy onrein in jou huwelik is. Visualiseer hoe jy aan jou kinders verduidelik, visualiseer hoe jy jou reputasie verloor, visualiseer dat jy die respek van jou huweliksmaat en familie verloor, visualiseer hoe jy God se hart breek, en visualiseer dat jy God eendag ontmoet en van jou optrede rekenskap gee. Doen alles wat jy kan om rein te bly. Jou huwelik maak daarop staat!
Gesprek: Bespreek een manier hoe julle elkeen meer teenwoordig in julle huwelik kan wees.
Bid: Staan vandag tyd af om vir mekaar te bid. Bid dat God julle die begeerte sal gee om ten alle koste rein te bly.
Doen: Gee mekaar 'n drukkie of 'n soen elke keer wanneer julle mekaar vandag sien.

Aangaande hierdie leesplan

Moeg om te kyk hoe huwelike verbrokkel? Moeg daarvoor dat paartjies moed verloor? Wil jy graag waarborg dat jou huwelik nie sal misluk nie? Hierdie leesplan sal jou help deur vir jou vyf dinge uit die Woord van God te wys wat vandag in elke huwelik gedoen moet word om staande te bly. Lees hierdie leesplan saam met jou huweliksmaat en wees as 'n paartjie elke dag doelbewus in die besprekings, Bybellees, gebede en aktiwiteite.
More
We would like to thank Life.Church for providing this plan. For more information, please visit: www.life.church