Van Vandag af VorentoeVoorbeeld

God het ons nooit 'n maklike lewe belowe nie. As volgelinge van Christus gaan ons moeilike tye beleef. Dieselfde geld vir ons huwelike. Ons het 'n geestelike vyand wie se doel, volgens Johannes 10:10 is: "om te steel, te slag en [ons] uit te roei". Ons geestelike vyand wil julle uit die weg ruim en hy sal niks meer geniet as om julle huwelik ook uit die weg te ruim nie. Die blote wete dat julle huwelik aangeval gaan word, sal julle help om vir julle huwelik te veg.
Gesprek: Bespreek met jou huweliksmaat die maniere wat die vyand gebruik om jul huwelik aan te val.
Bid: Vra God om julle te help om die aanvalle wat teen julle huwelik geloods word, raak te sien en julle na die beste moontlike maniere te lei om vir julle huwelik te veg.
Doen: Werk saam aan 'n eenvoudige projek of handel 'n taak saam af. Terwyl julle saamwerk, gebruik ook die tyd om 'n gehalte gesprek met mekaar te voer.

Aangaande hierdie leesplan

Moeg om te kyk hoe huwelike verbrokkel? Moeg daarvoor dat paartjies moed verloor? Wil jy graag waarborg dat jou huwelik nie sal misluk nie? Hierdie leesplan sal jou help deur vir jou vyf dinge uit die Woord van God te wys wat vandag in elke huwelik gedoen moet word om staande te bly. Lees hierdie leesplan saam met jou huweliksmaat en wees as 'n paartjie elke dag doelbewus in die besprekings, Bybellees, gebede en aktiwiteite.
More
We would like to thank Life.Church for providing this plan. For more information, please visit: www.life.church