Van Vandag af VorentoeVoorbeeld

Wanneer dit daaroor gaan om jul huwelik te laat groei en om vir jul huwelik te veg, kan julle dit nie alleen doen nie. Julle gaan ander getroude pare se mentorskap nodig kry. Om 'n meer volwasse en wyser getroude paar toe te laat om insette te lewer in julle huwelik tydens die goeie en minder goeie tye, is noodsaaklik vir 'n lang en gesonde huwelik.
Gesprek: Bespreek hierdie vrae met jou huweliksmaat: watter getroude paar bewonder ons vir hulle sterk en stabiele huwelik? Wat kan ons van hulle leer?
Bid: Vra God om die regte getroude paar in julle lewe te bring wat julle gaan help om jul huwelik te laat groei.
Doen: Indien julle nie 'n huwelikspaartjie het wat julle in jul huwelik kan mentor nie, besluit saam met jou huweliksmaat wie julle kan nader om julle huweliksmentors te wees. Indien julle reeds huweliksmentors het, doen vandag iets spesiaal vir hulle om dankie te sê vir die positiewe invloed wat hulle op jul huwelik het.

Aangaande hierdie leesplan

Moeg om te kyk hoe huwelike verbrokkel? Moeg daarvoor dat paartjies moed verloor? Wil jy graag waarborg dat jou huwelik nie sal misluk nie? Hierdie leesplan sal jou help deur vir jou vyf dinge uit die Woord van God te wys wat vandag in elke huwelik gedoen moet word om staande te bly. Lees hierdie leesplan saam met jou huweliksmaat en wees as 'n paartjie elke dag doelbewus in die besprekings, Bybellees, gebede en aktiwiteite.
More
We would like to thank Life.Church for providing this plan. For more information, please visit: www.life.church