Van Vandag af VorentoeVoorbeeld

From This Day Forward

DAG 3 VAN 33

Om God saam op te soek, moet julle ook saam bid. Natuurlik kan dit aanvanklik ongemaklik wees om saam te bid, maar dink hieroor: dit is moeilik om saam met iemand te bid vir wie jy kwaad is. Dit is moeiliker om te wil skei van iemand saam met wie jy bid. Dit is selfs nog moeiliker om 'n buite-egtelike verhouding te hê wanneer jy God saam opsoek.

Gesprek: Bespreek watter dinge in julle huwelik wil julle in gebed na God toe bring?

Bid: Bid oor daardie dinge wat julle oor julle huwelik na God toe wil bring.

Doen: Maak 'n lys van die dinge waaroor julle gebid het. Hou hierdie lys op 'n plek waar dit julle sal herinner om saam te bid. Voeg gerus gedagtes by die lys soos dinge by julle opkom.

Aangaande hierdie leesplan

From This Day Forward

Moeg om te kyk hoe huwelike verbrokkel? Moeg daarvoor dat paartjies moed verloor? Wil jy graag waarborg dat jou huwelik nie sal misluk nie? Hierdie leesplan sal jou help deur vir jou vyf dinge uit die Woord van God te wys wat vandag in elke huwelik gedoen moet word om staande te bly. Lees hierdie leesplan saam met jou huweliksmaat en wees as 'n paartjie elke dag doelbewus in die besprekings, Bybellees, gebede en aktiwiteite.

More

We would like to thank Life.Church for providing this plan. For more information, please visit: www.life.church