Leesplan inligting

Vreesloos: 'n Ses-Week Reis Voorbeeld

Fearless: A Six-Week Journey

DAG 5 VAN 88

Week 1: Die Wind en die Golwe



DIE WATER VAN SY WOORD

Lees Mattheus 14:22-33.



In die vierde nagwaak het Jesus op die see aangeloop gekom na hulle toe. Soms word ons so ontsenu deur ons omstandighede dat ons dit moeilik vind om God aan die werk te sien daarin. Veral as die toetsing aanhou en aanhou. Kan jy saamvoel hiermee? Wanneer iets ons dwars tref en ons onkant vang of ons kry wanneer ons onseker van ons stand is, kan ons ons balans heeltemal verloor. Ons kan dit wat ons weet die waarheid is, uit die oog verloor. Maar het die Here dit toegelaat om wat ons dink ons so goed ken, te help versterk? WEET ons waarlik dat God in beheer is en glo ons dit te alle tye?



WANDEL IN WAARHEID

dDie wind was teen hulle en hulle was geslaan deur die golwe. Dit het gelyk of die dissipels nerens kom nie. Maar God se in Sy Woord, Wees stil, en weet dat ek God is (Psalm 46:10). Dis moeilik om te rus in die waarhede van God se Woord wanneer dinge nie goed gaan nie en dit voel asof jou boot gaan omslaan. Luister na wat Jesus vir Sy dissipels gese het voordat Hy gekruisig is: In die wereld sal julle verdrukking he. Maar hou goeie moed, Ek het die wereld oorwin (Johannes 16:33). Die golwe is 'n goeie beeld van die verdrukking en moeilikhede wat ons in die gesig staar. Ons word so versoek om ons oe op ons probleme te vestig en nie op Jesus nie. In jou gebedstyd, loof God omdat Hy God is en nie net die wind en die golwe beheer nie, maar die ganse wereld, insluitende joune. Bely enige ongeloof of twyfel. As dit nodig is, roep om hulp soos Petrus het: Here, red my! (Mattheus 14:30). Begin Johannes 15 lees soos wat jy tyd kry. Luister na Jesus asof Hy met jou praat en wees bemoedig.



FOKUS DIE OE VAN JOU HART

Herhaal saggies vandag se fokus-gedeelte. Bêre dit in jou hart, mediteer daaroor en maak dit jou gebed regdeur die dag.



Mattheus 14:31-33

En Jesus het dadelik Sy hand uitgesteek en hom gegryp en vir hom gese: Kleingelowige, waarom het jy getwyfel? Daarop klim hulle in die skuit, en die wind het gaan le. Toe kom die wat in die skuit was, en val voor Hom neer en se: Waarlik, U is die Seun van God!


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Fearless: A Six-Week Journey

Leer hoe om verby die vrees wat jou oorweldig en dit wat jou in jou geloof terughou te beweeg, en geniet ‘n hele nuwe lewe van vryheid, vreesloosheid en effektiwiteit in jou lewe en getuig! Ideaal vir besige ma's, enkell...

More

Ons wil graag Thistlebend Ministries en skrywer Laurie Aker bedank vir die voorsiening van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.thistlebendcottage.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid