Leesplan inligting

Vreesloos: 'n Ses-Week Reis Voorbeeld

Fearless: A Six-Week Journey

DAG 7 VAN 88

Week1: Die Wind en die Golwe



DIE WATER VAN SY WOORD

Lees Matteus 14:22-33



Lees weer verse 28-33. Die dissipels se oë word ge-open op 'n heel nuwe manier. Wat sien hulle, dink jy? Wat sien jy?



Nadat Jesus en Petrus terug was in die skuit, het die wind bedaar. As ons in die middel van 'n storm is kan dit voel asof alles buite beheer is, maar ons weet God se Woord sê God is Here van alles en Here van die ganse skepping. Hy is Here oor die wind en die golwe. Hy regeer! Oor almal! Oor alles! Jy kan rus in Sy liefde, Sy sorg, Sy beskerming en Sy mag te midde van 'n gurende storm! Lewe jy ooreenstemmend?



WANDEL IN WAARHEID

Glo jy dat Jesus die Seun van God is? As Hy God is en Here van alles, dien jy Hom asof hy Here van alles is? Lees Mark12:28-37 en deurdink dit. Is Jesus werklik jou Here?



Hoe antwoord Jesus die skrifgeleerdes se vraag oor watter die heel grootste gebod is? Kan jy sê dat dit vir jou geld? Is dit waar van jou lewenswyse? Ons dade se meer oor ons geloof as ons woorde. Vra die Here vandag wanneer jy bid om dit so te maak in jou lewe.



FOKUS DIE Oë VAN JOU HART

Herhaal saggies vandag se fokusgedeelte vir jouself. Bere dit in jou hart, oordink dit en maak dit jou gebed deur die dag.



Mattheus 14:31-33

Dadelik het Jesus Sy Hand uitgesteek, hom gegryp en vir hom gesë:"Kleingelowige, waarom het jy begin twyfel?" Daarop het hulle in die skuit geklim, en die wind het gaan lê. Die manne in die skuit het voor Jesus gekniel en gesê:"U is waarlik die Seun van God."


Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Fearless: A Six-Week Journey

Leer hoe om verby die vrees wat jou oorweldig en dit wat jou in jou geloof terughou te beweeg, en geniet ‘n hele nuwe lewe van vryheid, vreesloosheid en effektiwiteit in jou lewe en getuig! Ideaal vir besige ma's, enkell...

More

Ons wil graag Thistlebend Ministries en skrywer Laurie Aker bedank vir die voorsiening van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.thistlebendcottage.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid