Vreesloos: 'n Ses-Week Reis Voorbeeld

Week 1: DIE WIND EN DIE GOLWE
DIE WATER VAN SY WOORD
Lees Mattheus 14:22-33.
In die vierde nagwaak het Jesus op die see aangeloop gekom na hulle toe. Soms word ons so ontsenu deur ons omstandighede dat ons dit moeilik vind om God te midde daarvan aan die werk te sien. Veral as die beproewing aanhou en aanhou. Kan jy jou hiermee vereenselwig? Wanneer iets geweldigs ons tref en onkant vang, of ons tref wanneer ons onseker voel, kan ons struikel en val. Ons kan dit wat ons weet die waarheid is, uit die oog verloor. Het die Here dit egter toegelaat om wat ons dink ons so goed ken te help versterk? WEET ons waarlik dat God in beheer is en glo ons dit te alle tye?
WANDEL IN WAARHEID
Die wind was teen hulle en hulle is deur die golwe geslaan. Dit het gelyk of die dissipels nêrens kom nie. Die Woord van God sê egter: "Bedaar en erken dat Ek God is ..." (Psalm 46:11). Dis moeilik om in die waarhede van die Woord van God tot rus te kom wanneer dinge nie goed gaan nie en dit voel asof jou boot gaan omslaan. Luister na wat Jesus vir sy dissipels gesê het voordat Hy gekruisig is: " ... In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou moed. Ek het die wêreld klaar oorwin (Johannes 16:33). Die golwe is 'n goeie voorbeeld van die verdrukking en moeilikhede wat ons in die gesig staar. Ons word so versoek om ons oë op ons probleme en nie op Jesus te vestig nie. In jou gebedstyd, loof God omdat Hy God is en nie net die wind en die golwe beheer nie, maar die ganse wêreld, insluitend joune. Bely enige ongeloof of twyfel. As dit nodig is, roep om hulp soos Petrus het: "... Here, red my! (Matteus 14:30). Begin Johannes 15 lees soos wat jy tyd kry. Luister na Jesus asof Hy met jou praat en wees bemoedig.
RIG JOU HART
Herhaal vandag se kernverse in jou gedagtes. Bewaar dit in jou hart, besin daaroor en maak dit regdeur die dag deel van jou gebed.
Matteus 14:31-33
"Dadelik het Jesus sy hand uitgesteek, hom gegryp en vir hom gesê: 'Kleingelowige, waarom het jy begin twyfel?' Hulle het toe in die skuit geklim, en die wind het gaan lê. Die manne in die skuit het voor Jesus gekniel en gesê: 'U is waarlik die Seun van God.'"

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Leer hoe om verby die vrees wat jou oorweldig en dit wat jou in jou geloof terughou te beweeg, en geniet ‘n hele nuwe lewe van vryheid, vreesloosheid en effektiwiteit in jou lewe en getuig! Ideaal vir besige ma's, enkellopende dames en studente. 'n Leesplan van Thistlebend Bedieninge.
More
We would like to thank Thistlebend Ministries and author Laurie Aker for providing this plan. For more information, please visit: www.thistlebendcottage.org