Vreesloos: 'n Ses-Week Reis Voorbeeld

Fearless: A Six-Week Journey

DAG 4 VAN 88

Week 1: DIE WIND EN DIE GOLWE

DIE WATER VAN SY WOORD
Lees Matteus 14:22-33.

Die dissipels wou nie weggaan en in die boot klim nie. Hulle het nie verstaan waarom Jesus hulle weggestuur het nie. Boonop het hulle hulself te midde van 'n groot storm bevind en Hy was nêrens in sig nie. Dink aan 'n tyd toe jy nie verstaan het waarom God toegelaat het dat iets gebeur nie.

WANDEL IN WAARHEID
Omdat Jesus ten volle God en ten volle mens is, sou Hy geweet het dat Hy die dissipels in 'n storm en baie moeilike situasie instuur. Bevind jy jou op die oomblik in 'n storm of 'n moeilike situasie? Ken jy iemand wat hulle daar bevind? Wat is die verwarrendste vir jou omtrent die situasie? Het jy ooit daaraan gedink dat die Here jou nie net sal toelaat om direk op 'n storm af te stuur nie, maar jou dalk die storm ingestuur het? Bring jou gedagtes en gevoelens na die Here toe terwyl jy Psalm 40 lees.

RIG JOU HART
Herhaal vandag se kernverse in jou gedagtes. Bewaar dit in jou hart, besin daaroor en maak dit regdeur die dag deel van jou gebed.

Matteus 14:31-33
"Dadelik het Jesus sy hand uitgesteek, hom gegryp en vir hom gesê: 'Kleingelowige, waarom het jy begin twyfel?' Hulle het toe in die skuit geklim, en die wind het gaan lê. Die manne in die skuit het voor Jesus gekniel en gesê: 'U is waarlik die Seun van God.'"

Aangaande hierdie leesplan

Fearless: A Six-Week Journey

Leer hoe om verby die vrees wat jou oorweldig en dit wat jou in jou geloof terughou te beweeg, en geniet ‘n hele nuwe lewe van vryheid, vreesloosheid en effektiwiteit in jou lewe en getuig! Ideaal vir besige ma's, enkellopende dames en studente. 'n Leesplan van Thistlebend Bedieninge.

More

We would like to thank Thistlebend Ministries and author Laurie Aker for providing this plan. For more information, please visit: www.thistlebendcottage.org