Vreesloos: 'n Ses-Week Reis Voorbeeld

INLEIDING
Berei jou hart voor vir 'n 6-week reis na vreesloosheid! Jesus het gesê: “... Wees gerus, dit is Ek. Moenie bang wees nie" (Markus 6:50). Hierdie is nie net ‘n godsdiensoefening uit die Bybel nie, maar getoetste en beproefde maniere om in die waarheid te lewe!
Ons reis sal insluit:
DAE 1-2: Inleiding
DAE 3-4: Vreesbevange na Vreesloos
1. Hierdie gedeelte is verdeel in weeklikse (sewe dae elk) oordenkings, met 'n spesifieke weeklikse tema wat die hoofopskrif vir elke dag sal wees. Elke sesde en sewende dag sal tyd vir hersiening en nadenke oor die Skrifgedeeltes van die week ingeruim word.
2. Jy sal elke dag gevra word om ‘n gedeelte in die Bybel as deel van die WATER VAN SY WOORD te lees.
3. Daarna sal jy gelei word om die gedeelte in WANDEL IN WAARHEID toe te pas en te deurdink.
4. Elke dag sal met RIG JOU HART eindig, wat ‘n geleentheid bied om die week se kernverse te memoriseer en te oordink.
Lees die volgende verse en hou hulle deurgaans in jou hart en gedagtes tydens hierdie studie.
1 Johannes 4:18
Jesaja 54:4
Jesaja 62:4-5
Jesaja 61:10
Begin elke dag saam met die Here deur Hom te vra om jou te help om Hom met jou hele hart, siel, verstand en al jou krag te aanbid. (Ek beveel “In Christ Alone” deur Stuart Townend en Keith Getty aan. Dit kan op iTunes of YouTube gevind word.) Ek bid dat hierdie tyd van afsondering met God ‘n spesiale seën vir jou sal wees.
Na ‘n tyd van aanbidding, tree toe tot 'n lofgebed en danksegging. Bely dan jou sonde en behoefte aan vergifnis. Sluit jou gebedstyd af deur God te vra om jou ontvanklik vir die waarheid te maak wat Hy graag in jou hart gedurende die volgende ses weke wil plant. Mag God ‘n splinternuwe fondament van getrouheid en vreesloosheid in jou lê wat alle vrees en ongeloof sal vervang. Moenie bang wees om Hom te vra om jou te help om sy stem te hoor nie, om Hom te sien, en jou die genade te gee wat jy nodig het om in die voetspore te volg wat Hy jou vra om te volg.
Wees opgewonde! Die Here gaan iets nuuts doen! Mag jou hart tot oorlopens toe gevul word met die volheid van die Here!
Tensy anders vermeld, word Skrifaanhalings in die oordenkings geneem uit die Afrikaans 1983-vertaling. Kopiereg © 1983 Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Alle regte voorbehou.

Aangaande hierdie leesplan

Leer hoe om verby die vrees wat jou oorweldig en dit wat jou in jou geloof terughou te beweeg, en geniet ‘n hele nuwe lewe van vryheid, vreesloosheid en effektiwiteit in jou lewe en getuig! Ideaal vir besige ma's, enkellopende dames en studente. 'n Leesplan van Thistlebend Bedieninge.
More
We would like to thank Thistlebend Ministries and author Laurie Aker for providing this plan. For more information, please visit: www.thistlebendcottage.org