Vreesloos: 'n Ses-Week Reis Voorbeeld

Fearless: A Six-Week Journey

DAG 2 VAN 88

INLEIDING
Lees Psalm 46

BEREI JOU HART VOOR
Baie vroue is in hul Christelike en daaglikse lewens beperk, belemmer of selfs lam van vrees. Weens hulle vrees, angs en bekommernis beleef hulle nie die vreugde van die Here, die genot daarvan om die Vader se doel uit te leef en om 'n oorwinningslewe in Christus te ervaar nie. Hoe weerhou vrees jou dalk daarvan om God te verheerlik en Hom elke dag te waardeer?

Die gedagtes en vrese van 'n paar ander, soortgelyk aan jou en my wat vir God ontsag het, verskyn hieronder. Lees dit sodat jy kan verstaan dat jy nie alleen in hierdie stryd is nie. Vra die Here om die verborge vrese wat in jou hart is te openbaar:

Ek is bang dat ek weens vandag se sonde nie God se guns verdien nie ... ek bekommer my dat Hy my 'n les sal moet leer omdat ek so hardkoppig is.

Ek vrees die gevolge wat 'n radikale leefwyse van volle oorgawe het. Wat sal die mense van my dink — my vriende, gesin, kinders en selfs ander Christene?

Ondanks alles wat ek van Hom weet, asook sy liefde vir my, is ek nogtans bang om te laat vaar en sy leiding te volg. Partykeer wag ek eers vir gevoelens voor ek gehoorsaam is, tog is gevoelens die gevolge van gehoorsaamheid.

Ek vrees onbeduidendheid.

Ek is bang dat my doelwitte, hoop en drome nie in ooreenstemming met God se planne vir my is nie. Ek is bang dat as ek Hom volg, ek na 'n plek ver van my huis af moet gaan.

Ek is bang vir teleurstelling, want ek is so baie deur my aardse ouers in die steek gelaat dat dit vir my moeilik is om te glo ek kan God vertrou.

My omstandighede is so moeilik. Hy het my seker nie lief nie of werk nie in my guns nie, want al bid ek, het niks verander nie. As Hy die krag het, hoekom gebruik Hy dit nie?

Ek vind dit moeilik om te glo dat die Bybel waar is, so ek kies en keur wat ek gaan glo en doen; dan wonder ek hoekom dit nie vir my uitwerk nie. Ek wíl God glo en sy Woord gehoorsaam, maar ek doen dit nie regtig nie, dus doen ek dit op my manier, en ek is nie suksesvol nie ... gevolglik blameer ek Hom.

Ek is bang as ek myself ten volle aan God oorgee, dat ek iemand word wat ek nie herken of selfs van hou nie.

RIG JOU HART
Waarvoor is jy bang? Sluit af met gebed en met behulp van Psalm 46.

Aangaande hierdie leesplan

Fearless: A Six-Week Journey

Leer hoe om verby die vrees wat jou oorweldig en dit wat jou in jou geloof terughou te beweeg, en geniet ‘n hele nuwe lewe van vryheid, vreesloosheid en effektiwiteit in jou lewe en getuig! Ideaal vir besige ma's, enkellopende dames en studente. 'n Leesplan van Thistlebend Bedieninge.

More

We would like to thank Thistlebend Ministries and author Laurie Aker for providing this plan. For more information, please visit: www.thistlebendcottage.org