Leesplan inligting

Psalms Vir Die PandemieVoorbeeld

Psalms Vir Die Pandemie

DAG 11 VAN 17

Voel jou hartseer. Luister wat sê die psalmis: Die Here kan hartseer en trane van pyn in blydskap verander. Jesus het gesê: “Salig is julle, julle is gelukkig as julle ween, want dan sal julle lag.” Nou, hier is die pad van hartseer: dit kom oor jou. Dis ʼn gevoel. Dis ʼn emosie en jy het nie beheer daaroor wanneer dit kom, hoe dit kom en tot watter mate nie.

Ons kultuur en dikwels ons teologie, sê vir ons dat ek dit op daardie oomblik moet weerstaan en laat gaan. Ek het grootgeword met die idee – wees altyd bly in die Here. En as so iets jou pad langs kom, weerstaan dit. Wees positief. Lees positiewe teksverse. Die kultuur het gesê: “Cowboys don’t cry.”

Daar is ʼn gesegde in terapeutiese kringe: “Everything that you resist, will persist.” Jy dam dit op. Jy steek dit weg. Jy bêre dit. Daar word nie gedeel met daardie hartseer nie.

Maar as jy dit toelaat en daaroor dink en dit voel, huil daaroor, gee jy die emosie toestemming en jy laat dit toe om deur jou te gaan en dit te verwerk.

Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

Psalms Vir Die Pandemie

Dis nie ‘n geheim dat die pandemie nie net fisiek is nie, maar dat dit ‘n groot invloed het op ons innerlike lewe. Jy is moeg. Ook uitgeput. Jy sukkel om op take te fokus. Elke dag voel na 'n klomp gebeurtenisse wat inme...

More

Ons wil graag Mosaiek bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.mosaiek.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid