Leesplan inligting

Psalms Vir Die PandemieVoorbeeld

Psalms Vir Die Pandemie

DAG 14 VAN 17

Woede is dodelik. Die boek van Spreuke sê dat 'n mens van woede kan doodgaan. Woede maak dat mense dinge aanvang wat hulle lewens vernietig. Woede bring die einde aan baie mense se lewens. Daarom moet jy iets met woede doen. Jy moet van die gif ontslae raak. Gelukkig leer Asaf hoe om dit te doen. Gelukkig eindig Psalm 73 nie by vers 14 nie. Gelukkig is daar nog verse: 15 tot 28. Die heel eerste ding wat Asaf leer, en die tweede deel van sy Psalm, is dat jy 'n toksiese lewe sal hê as jy woede koester.

Hoor net wat sê hy in vers 15: “Maar as ek so sou aanhou praat, sou ek dié verloën wat aan U behoort.” Asaf gaan dink daaroor na. Hy doen een goeie ding – Hy skuld homself ʼn tweede opinie en hy doen dit. Jy sien, die probleem met woede is dat dit alle deernis en sagtheid en nederigheid uit jou lewe uithaal. Woede beroof jou van tweede opinies wat jy jouself skuld.

Asaf stop, gee ʼn tree terug en hy besef hy is besig om droog te maak. Hy sien wat sy woede aan sy vrou en aan sy familie doen. 'n Mens kan nie met woedende mense saamleef nie. Het jy al gesien? Jy sit in ʼn geselskap en ou Jan Woede bars uit. Dan is almal ewe skielik op hulle agterhoede. Woedende mense sê wat hulle wil, soos hulle wil, wanneer hulle wil, en hulle regverdig hulself: “Jy, weet, ek is eerlik. Ek is reguit. Ek gee nie om wat ander mense van my dink nie.” Moet dit nie doen nie, Asaf.

Dag 13Dag 15

Aangaande hierdie leesplan

Psalms Vir Die Pandemie

Dis nie ‘n geheim dat die pandemie nie net fisiek is nie, maar dat dit ‘n groot invloed het op ons innerlike lewe. Jy is moeg. Ook uitgeput. Jy sukkel om op take te fokus. Elke dag voel na 'n klomp gebeurtenisse wat inme...

More

Ons wil graag Mosaiek bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.mosaiek.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid