Leesplan inligting

Psalms Vir Die PandemieVoorbeeld

Psalms Vir Die Pandemie

DAG 13 VAN 17

Die gevaarlikste vorm van woede is die soort wat op God uitgehaal word. Dis ons tweede punt – woede wat op God uitgehaal word. Nêrens in die Bybel is daar vir my ʼn mooier voorbeeld as Psalm 73 nie. Asaf, die skrywer van Psalm 73, is kwaad. Hy is woedend. Hy is briesend. Nog erger, hy is besig om sy geloof te verloor.

Jy sien, Asaf is kwaad vir sy vyande, maar hy het sy geloof verloor, so hy blameer God. Hy sê: “God, dit is U skuld.” Baie mense doen dit deesdae. Ek kom agter dat mense God die finale aangeklaagde maak as die lewe skeefloop. Mense wil nou almal aankla. Ek het nou die land aangekla, my omstandighede, my werk, my familie, jy noem dit – ek het almal geblameer. Ek het die "blaming game" nou klaar gespeel. Wie bly oor? God. God, dit is U! Ek kla U aan. U moes gehoor het, ingegryp het, gekeer het, briek aangedraai het. Ek het tog gebid.

Maar dit raak nog erger. God word die beskuldige wanneer dit sleg gaan. En as dit beter gaan met ander mense as met my en sleg gaan met my. So, God, ek kyk nou hoe gaan dit met ander mense. Ek kyk nou na wie ook al, na daardie ouens by my werk, na daai ander mense in die kerk, na daai bure van my. Hulle gaan nie kerk toe nie. Hulle bid nie. Hulle dien U nie. En ek? Ek dien U, en U laat my in die steek. En ek sien die bure het al weer ʼn nuwe kar gekoop en ek sien die ouens daar by my werk gaan hou weer vakansie. Here, hoe laat U dit toe?

God kan my woedebuie vat. Dit laat Hom nie koud nie, maar dit beteken nie die hemel en die aarde kom tot stilstand nie, dis nie asof die engele daar in die hemel sê: “O wêreld, daar is nog iemand wat kwaad is in Johannesburg, of waar ook al.

God kan dit vat. Trouens, Hy nooi ons uit om ons woede na die regte adres te bring – na Hom toe. En daarom is dit eintlik die volgende fase wat Asaf in Psalm 73:15-28 ontdek; wanneer woede oorgaan tot insig en vrede. 'n Mens kan nie met woede lewe nie. Woede is gif. Dit is gif wat in jou stelsel bly. Dit lê in jou hart, dit lê in jou onderbewussyn, dit lê in jou bewussyn, dit lê in jou liggaam se spiere. Jy voel daai woede. Dit lê op jou tong se punt. Dit lê in jou dade.

Dag 12Dag 14

Aangaande hierdie leesplan

Psalms Vir Die Pandemie

Dis nie ‘n geheim dat die pandemie nie net fisiek is nie, maar dat dit ‘n groot invloed het op ons innerlike lewe. Jy is moeg. Ook uitgeput. Jy sukkel om op take te fokus. Elke dag voel na 'n klomp gebeurtenisse wat inme...

More

Ons wil graag Mosaiek bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.mosaiek.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid