Leesplan inligting

Psalms Vir Die PandemieVoorbeeld

Psalms Vir Die Pandemie

DAG 12 VAN 17

Die strokiesprent Garfield is almal se gunsteling en in een van die strokies wat ek eenkeer gesien het, vra sy eienaar vir hom hoekom hy vandag so kwaad is? En Garfield kyk hom so en sê: “I’ll think of something.” En dit gebeur baie keer met mense. Baie mense is sommer net kwaad. Hulle staan kwaad uit die bed uit op en dan is hulle sommer net omgesukkel en moeilik.

Maar weet jy wat? Niemand word kwaad gebore nie. Ons kom nie kwaad in hierdie wêreld in nie. Woede word aangeleer, ingeoefen. Dit word in stand gehou en uiteindelik, voordat jy jouself kan keer, is jy ʼn woedende, omgesukkelde, omgekrapte mens. So, die vraag is: Wat is woede?

Wel, woede is eerste ʼn verskuiwing van blaam. Woede is iets wat hier binne met my gebeur en na buite verskuif. Dit is ander mense se skuld. Dit is sy skuld en haar skuld en daardie ouens se skuld. Dit is ander mense wat die rede is dat ek ʼn woedende, omgekrapte, omgesukkelde mens is.

Woede verskuif altyd. Daai vinger wat altyd na ander toe wys. Woede is vervolgens ʼn vervanger van skuldgevoelens. Persoonlik dink ek die donkerste en die moeilikste emosie wat ons kan hê is skuldgevoelens. Dit skeur jou binneste uitmekaar. En dit is so moeilik om met skuldgevoelens saam te lewe, dat die beste manier om van die interne skuldgevoelens ontslae te raak, is om die vinger na ander mense toe te wys, om kwaad te wees vir hulle.

Dag 11Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

Psalms Vir Die Pandemie

Dis nie ‘n geheim dat die pandemie nie net fisiek is nie, maar dat dit ‘n groot invloed het op ons innerlike lewe. Jy is moeg. Ook uitgeput. Jy sukkel om op take te fokus. Elke dag voel na 'n klomp gebeurtenisse wat inme...

More

Ons wil graag Mosaiek bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.mosaiek.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid