Sonder Grense: Leer hier dat 'n Lewe in Christus Sonder Grense isVoorbeeld

Genade van God
God se genade is sy guns en liefde wat Hy oor ons uitstort, al het ons niks gedoen om dit te verdien nie. Omdat ons in sonde gebore is en dus sonder God is, dink ons dikwels dat ons moet werk om sy liefde en aandag te verdien. Die goeie nuus is dat dit nie so is nie. God het ons alreeds liefgehad van die oomblik toe Hy gedink het om ons te skep; en omdat Hy ons so liefhet, gee Hy vrylik aan ons sy onbeperkte genade.
Om te doen: Hoe beleef jy God se genade in jou lewe? Laat die belewenis jou nog meer in Hom glo? Hoekom of hoekom nie?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Hierdie leesplan sal aan tieners wys dat 'n lewe in Christus nie 'n lewe vol beperkings is nie, maar 'n lewe met eindelose geleenthede. Die leesplan fokus op drie onbeperkte karaktereienskappe van God en hoe daardie karaktereienskappe in ons lewens weerspieël kan word.
More