Sonder Grense: Leer hier dat 'n Lewe in Christus Sonder Grense isVoorbeeld

Vergifnis aan Ander
Ons is die meeste soos God wanneer ons ander vergewe. Jesus het aarde toe gekom om ons sondes te vergewe en ons die ewige lewe in Hom te gee. Met dit in gedagte, behoort ons onbeperkte vergifnis aan diegene toe te staan wat ons seermaak of verkeerd teenoor ons optree. Ons vergewe nie ander om hulle dade te regverdig nie, maar omdat God ons vergewe het. "As julle ander mense hulle oortredings vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe" (Matteus 6:14). Al is dit soms moeilik om ander te vergewe, is dit noodsaaklik om 'n onbeperkte lewe saam met God te kan lei.
Om te doen: Hoekom dink jy is dit moeilik om ander te vergewe? Skryf 'n gebed waarin jy God se hulp vra om mense te vergewe wat jou seergemaak of verkeerd teenoor jou opgetree het.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Hierdie leesplan sal aan tieners wys dat 'n lewe in Christus nie 'n lewe vol beperkings is nie, maar 'n lewe met eindelose geleenthede. Die leesplan fokus op drie onbeperkte karaktereienskappe van God en hoe daardie karaktereienskappe in ons lewens weerspieël kan word.
More