Leesplan inligting

PRAY4JAPAN — 17 Dae Gebedsgids vir JapanVoorbeeld

PRAY4JAPAN - 17 Day Prayer Guide for Japan

DAG 1 VAN 17

Die Stryd om Japan Behoort aan die Here


Japan het 'n bevolking van 126 miljoen mense met minder as 0,3% wat kerk bywoon. Dit is ongeveer een Christen vir elke 300 nie-gelowiges. Japan word gelys as die tweede grootste onbereikte groep mense ter wêreld.



Kom ons stem ooreen dat Japan die Here s'n is, dit maak nie saak hoe groot die stryd voorkom nie.



(Elke dag sal 'n gedeelte vir AANBIDDING, 'n VERKLARING en 'n gedeelte om te BID hê. Gebruik soveel tyd as wat jy nodig het om elkeen deur te lees en te bid. Gebruik die voorbeelde vir gebed as jy so verkies.)



AANBIDDING — God is die Koning van die hele aarde!



"Prys God, prys Hom met psalms, prys ons Koning, prys Hom met psalms!" Psalm 47:7.

Here, ongeag hoe 'n nasie van buite lyk, ons weet U is God en koning oor die HELE aarde. Daarom kan ons met vrymoedigheid sê dat U die God en koning oor Japan is!



VERKLARING — Die stryd behoort aan die Here.



"... So sê die Here vir julle: Moenie vrees nie, moenie bang wees vir hierdie groot menigte nie, want hierdie oorlog is nie 'n saak vir julle nie, maar vir God" 2 Kronieke 20:15.

Vader, ons verklaar dat Japan aan U behoort. Die stryd om die siele van die Japannese volk is u stryd. Terwyl ons u grootheid aanbid en daarop fokus, vertrou ons Japan aan U toe.



BID — Help ons om met vertroue volgens u wil te bid.



"En nou kan ons met vrymoedigheid na God gaan, omdat Hy ons gebede verhoor as ons enigiets volgens sy wil vra. En aangesien ons weet dat Hy ons gebede verhoor as ons iets só vra, weet ons ook dat ons kry wat ons van Hom vra" 1 Johannes 5:14-15.

Vader, laat u WOORD vry en wys vir ons u WIL terwyl ons oor die volgende 17 dae bid. Terwyl ons u hart vir Japan hoor, mag ons met geloof en vertroue volgens u wil bid.



_______________________________







Vir meer inligting en hulpbronne oor gebed vir Japan, gaan na href="http://www.pray4japan.net" title="www.pray4japan.net">www.pray4japan.net 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

PRAY4JAPAN - 17 Day Prayer Guide for Japan

Japan is die wêreld se tweede grootste onbereikte groep mense, selfs ná dekades van toegewyde evangelisasie en kerkteenwoordigheid. In hierdie hoogs gesofistikeerde samelewing sien die meeste Japannese Christenskap as vo...

More

Ons wil graag vir Onfire Japan bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://pray4japan.net

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid