Leesplan inligting

PRAY4JAPAN — 17 Dae Gebedsgids vir JapanVoorbeeld

PRAY4JAPAN - 17 Day Prayer Guide for Japan

DAG 2 VAN 17

Die Wil van God vir Japan


Die geboortesyfer in Japan is tans op 'n laagtepunt; die bevolking kan teen 2049 onder die honderd miljoen-kerf daal. Japan staar 'n bevolkingskrisis in die gesig.



Kom ons stem ooreen dat dit God se wil is om die Japannese te red en hulle na Hom te trek.



AANBIDDING — Prys die Here, alle nasies!



"Prys die Here, alle nasies, loof Hom, alle volke, want sy liefde vir ons is sterk, aan die trou van die Here is daar geen einde nie! Prys die Here!" Psalm 117 (AFR83).

Here, U verdien die lof van elke volk en elke taal. Japannese tonge is geskep om U te loof, Here!



VERKLARING — Dit is God se wens dat alle mense gered moet word en tot kennis van die waarheid kom.



"Ek dring daarop aan dat daar in die eerste plek met smeking, voorbidding en danksegging gebid moet word vir alle mense, vir dié wat regeer en vir almal wat gesag uitoefen, sodat ons 'n rustige en stil lewe kan lei in volkome toewyding aan God en in alle eerbaarheid. So is dit goed en aanneemlik vir God, ons Verlosser, wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom" 1 Timoteus 2:1-4.

Vader, ons verklaar dat dit u hartsbegeerte is om elke Japannese persoon te red.



BID — Mag u koninkryk kom, mag u wil in Japan geskied.



"Laat u koninkryk kom; laat u wil ook op aarde geskied, net soos in die hemel" Matteus 6:10.

Vader, ons weet dat dit u wil is om Japan te red. Ons vra dat u koninkryk kom, en u wil in Japannese lewens sal geskied, net soos in die hemel.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

PRAY4JAPAN - 17 Day Prayer Guide for Japan

Japan is die wêreld se tweede grootste onbereikte groep mense, selfs ná dekades van toegewyde evangelisasie en kerkteenwoordigheid. In hierdie hoogs gesofistikeerde samelewing sien die meeste Japannese Christenskap as vo...

More

Ons wil graag vir Onfire Japan bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://pray4japan.net

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid