Leesplan inligting

PRAY4JAPAN — 17 Dae Gebedsgids vir JapanVoorbeeld

PRAY4JAPAN - 17 Day Prayer Guide for Japan

DAG 4 VAN 17

Intimiteit en Heiligheid vir Gelowiges


Soos oral, sukkel baie Christene in Japan met seksuele sonde en kompromië. In 'n konserwatiewe kultuur word hierdie onderwerpe selde in die kerk gehoor.



Kom ons stem ooreen vir 'n nuwe intimiteit en heiligheid om gelowiges in Japan aan te raak; dat namate hulle deur die liefde van God aangeraak, bevry, genees en vernuwe word, diegene om hulle van die liefde van hierdie God en sy wonderlike weë sal leer.



AANBIDDING — "God is goed!" Ons sal nie ophou om dit te sê nie!



"Loof die Here, want Hy is goed. Aan sy liefde is daar geen einde nie" Psalm 136:1.

Here, ons loof U! U is goed. Aan u liefde is daar geen einde nie. Ons sal nie ophou om dit te sê nie. Halleluja!



VERKLARING — Die passie van God se hart is vir ons.



"Van ver af het die Here Hom aan Israel bekend gemaak: Ek het jou nog altyd liefgehad, daarom het ek jou met geduld verdra" Jeremia 31:3.

Vader, ons verklaar dat U die Japannese nog altyd liefgehad het; daarom het U hulle met geduld verdra.



BID — Mag die Gees van God aan die gelowiges wysheid gee en Hom so aan hulle openbaar.



"... bid ek dat die God van ons Here Jesus Christus, die Vader aan wie die heerlikheid behoort, deur sy Gees aan julle wysheid gee en Hom so aan julle openbaar dat julle Hom werklik kan ken" Efesiërs 1:17.

Glorieryke Vader, mag U aan die Japannese gelowiges u Gees van wysheid gee en so aan hulle openbaar dat hulle U beter kan ken; nie om net van U weet nie, maar U ken deur die intieme ervaring van u liefde.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

PRAY4JAPAN - 17 Day Prayer Guide for Japan

Japan is die wêreld se tweede grootste onbereikte groep mense, selfs ná dekades van toegewyde evangelisasie en kerkteenwoordigheid. In hierdie hoogs gesofistikeerde samelewing sien die meeste Japannese Christenskap as vo...

More

Ons wil graag vir Onfire Japan bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://pray4japan.net

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid