Leesplan inligting

PRAY4JAPAN — 17 Dae Gebedsgids vir JapanVoorbeeld

PRAY4JAPAN - 17 Day Prayer Guide for Japan

DAG 5 VAN 17

Lewe in Krag


Die Christelike kultuur is wydverspreid in Japan deur Christelik-gestigte opvoedkundige, mediese en jeugorganisasies. Die evangelie van krag en persoonlike herskepping word egter selde in Japan gesien of gehoor.



Kom ons stem ooreen dat Japannese Christene die God van krag leer ken en in daardie krag wandel.



AANBIDDING — Verkondig God se grootheid en wonderdade.



"sodat die mense oor u wonderdade sal praat. Ek wil van u grootheid vertel" Psalm 145:6 (AFR83).

Here, ons verhef ons stemme saam met die hele skepping en elke geslag om te vertel van die krag van u ontsagwekkende werke, en om u groot dade te verkondig. 



VERKLARING — Ons werke word deur sy krag gedoen.



"Daarvoor span ek my ook in en beywer ek my met die krag wat Hy gee en wat kragtig in my werk" Kolossense 1:29.

Vader, ons verklaar dat die werke van Japannese gelowiges volgens u krag is, wat kragtig in elkeen van hulle werk.



BID — Mag gelowiges God se groot krag verstaan en ken.



"... en hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo. Dit is dieselfde kragtige werking van sy mag" Efesiërs 1:19.

Vader, openbaar u onoortreflike groot krag aan die gelowiges in Japan — die krag wat U uitgeoefen het toe U vir Jesus uit die dood opgewek het. Gee u volk 'n honger om in die krag van die Heilige Gees te wandel.


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

PRAY4JAPAN - 17 Day Prayer Guide for Japan

Japan is die wêreld se tweede grootste onbereikte groep mense, selfs ná dekades van toegewyde evangelisasie en kerkteenwoordigheid. In hierdie hoogs gesofistikeerde samelewing sien die meeste Japannese Christenskap as vo...

More

Ons wil graag vir Onfire Japan bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://pray4japan.net

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid