Leesplan inligting

PRAY4JAPAN — 17 Dae Gebedsgids vir JapanVoorbeeld

PRAY4JAPAN - 17 Day Prayer Guide for Japan

DAG 3 VAN 17

Passie en Vreugde in die Kerk


Daar is ongeveer 8 000 protestantse kerke in Japan en die gemiddelde kerkgrootte is minder as dertig mense. In baie gevalle is die gemeente besig om ouer te word en baie kerke sal in die komende dekades gesluit word.



Kom ons stem ooreen vir passie en vreugde om Japannese gelowiges te vernuwe, en vir hulle om 'n hegte, intieme gemeenskap met mekaar te betree.



AANBIDDING — Die Here is vol vreugde oor jou, soos ons ons in Hom verbly!



"Die Here jou God is by jou, Hy, die krygsman wat red. Hy is vol vreugde oor jou, Hy is stil-tevrede in sy liefde. Hy jubel en juig or jou" Sefanja 3:17.

Here, ons is vol vreugde oor U, U is stil-tevrede in u liefde. Ons dank U dat U 'n welbehae in ons het, en jubel oor ons met sang.



VERKLARING — Jy sal met blydskap uitgaan en in vrede gelei word.



"Julle sal met blydskap uit Babel wegtrek en in vrede gelei word; die berge en die heuwels sal voor julle uit jubel en juig en al die bome in die veld sal hande klap" Jesaja 55:12.

Vader, ons verklaar dat Japannese gelowiges in u blydskap sal uitgaan en in u vrede gelei sal word.



BID — Mag uitbundige blydskap en volmaakte vrede gelowiges oorstroom.



"Mag God die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees!" Romeine 15:13.

Vader, God van hoop, mag U Japannese gelowiges vul met blydskap en vrede terwyl hulle op U vertrou. Mag hulle oorloop van hoop deur die krag van die Heilige Gees.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

PRAY4JAPAN - 17 Day Prayer Guide for Japan

Japan is die wêreld se tweede grootste onbereikte groep mense, selfs ná dekades van toegewyde evangelisasie en kerkteenwoordigheid. In hierdie hoogs gesofistikeerde samelewing sien die meeste Japannese Christenskap as vo...

More

Ons wil graag vir Onfire Japan bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://pray4japan.net

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid