Leesplan inligting

PRAY4JAPAN — 17 Dae Gebedsgids vir JapanVoorbeeld

PRAY4JAPAN - 17 Day Prayer Guide for Japan

DAG 6 VAN 17

Eenheid van die Gees


Daar bestaan honderde kerk-denominasies en sendinggenootskappe in Japan, maar in 'n groepsgebaseerde samelewing is dit 'n voortdurende uitdaging om hindernisse uit die weg te ruim en in die eenheid van die Heilige Gees te leef.



Kom ons stem ooreen dat Japannese gelowiges in die eenheid van die Heilige Gees gebring word.



AANBIDDING — Die Here ons God is die enigste God!



"Luister, Israel, die Here is ons God, Hy is die enigste Here. Daarom moet jy die Here jou God liefhê met hart en siel, met al jou krag" Deuteronomium 6:4-5.

Here, ons aanbid U as die Drie-Enige. U — die Vader, Seun en Heilige Gees — is in volkome en volmaakte eenheid.



VERKLARING — God se seën is op diegene wat in eenheid lewe.



"Hoe goed, hoe mooi is dit as broers eensgesind saam woon!







Dit is soos reukolie [van toewyding] wat van die kop af in die baard afloop, die baard van Aäron, af tot by die soom van sy [priesterlike] klere [wat die hele liggaam toewy].







Dit is soos die dou van Hermonberg wat op die berge by Sion val. Waar broers so saam woon, skenk die Here sy seën: 'n lang, lang lewe" Psalm 133 (AFR83).

Vader, ons verklaar u hart en begeerte om hulle in eenheid te seën.



BID — Mag gelowiges God verheerlik met een hart en een mond deur eenheid van die Gees.



"En mag God, die bron van alle standvastigheid en bemoediging, gee dat julle eensgesind onder mekaar sal wees soos Christus Jesus dit wil hê. Dan kan julle almal eensgesind uit een mond lof toebring aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus" Romeine 15:5-6.

Vader, U gee volharding en bemoediging aan u kinders. Gee asseblief aan u mense in Japan u Gees van eenheid terwyl hulle Christus volg, sodat hulle U met een hart en mond kan verheerlik.


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

PRAY4JAPAN - 17 Day Prayer Guide for Japan

Japan is die wêreld se tweede grootste onbereikte groep mense, selfs ná dekades van toegewyde evangelisasie en kerkteenwoordigheid. In hierdie hoogs gesofistikeerde samelewing sien die meeste Japannese Christenskap as vo...

More

Ons wil graag vir Onfire Japan bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://pray4japan.net

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid