Leesplan inligting

PRAY4JAPAN — 17 Dae Gebedsgids vir JapanVoorbeeld

PRAY4JAPAN - 17 Day Prayer Guide for Japan

DAG 9 VAN 17

Heilige Gees


Japan is 'n samelewing wat uiters gefokus is op uiterlike sukses en prestasie. Baie Japannese gelowiges leef onder dieselfde las en sukkel om Christus op hul eie te volg.



Kom ons stem ooreen dat Japannese volgelinge van Christus, hulle eie inspanning moet oorgee en volledig in die krag en vryheid van die Heilige Gees sal wandel.



AANBIDDING — Loof God wat nog altyd bestaan het!



"In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God. Hy was reeds in die begin by God. Alles het deur Hom tot stand gekom: ja, nie 'n enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie" Johannes 1:1-3.

Here Jesus, U is die lewende Woord en was reeds in die begin by God. Deur U het alles tot stand gekom, ons aanbid U!



VERKLARING — Ons juig oor ons vryheid in Christus!



"Die wet van die Gees wat aan jou in Christus Jesus die lewe gee, het jou vrygemaak van die wet van sonde en dood" Romeine 8:2.

Ons verklaar dat die wet van die Gees wat aan jou in Christus Jesus die lewe gee, Japannese gelowiges vry sal maak van die wet van sonde en dood. Hulle is vry om deur die Heilige Gees te lewe en te wandel!



BID — Mag gelowiges die onvoorwaardelike liefde van God begryp.



"... dat Christus deur die geloof in julle harte sal woon en dat julle in die liefde gewortel en gegrondves sal wees. Mag julle in staat wees om saam met al die gelowiges te begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek. Mag julle sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan, en mag julle heeltemal vervul word met die volheid van God" Efesiërs 3:17-19.

Vader, ons bid dat Japannese gelowiges, wat in liefde gewortel en gevestig is, begrip sal hê van hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek, en om hierdie liefde te ken wat ons verstand te bowe gaan — mag hul vervul word met die volheid van God.


Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

PRAY4JAPAN - 17 Day Prayer Guide for Japan

Japan is die wêreld se tweede grootste onbereikte groep mense, selfs ná dekades van toegewyde evangelisasie en kerkteenwoordigheid. In hierdie hoogs gesofistikeerde samelewing sien die meeste Japannese Christenskap as vo...

More

Ons wil graag vir Onfire Japan bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://pray4japan.net

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid