Leesplan inligting

PRAY4JAPAN — 17 Dae Gebedsgids vir JapanVoorbeeld

PRAY4JAPAN - 17 Day Prayer Guide for Japan

DAG 7 VAN 17

Christelike Leierskap


Japan heg hoë waarde aan hiërargie. Dit kan op baie gebiede nuttig wees, maar in kerkgemeenskappe kan dit dikwels persoonlike- en verhoudingsgroei onderdruk.



Kom ons stem ooreen vir 'n gees van nederigheid en diensbaarheid om Japannese Christenleiers aan te raak.



AANBIDDING — Die Here is die hoë en verhewe Heilige!



"So sê Hy wat hoog en verhewe is, Hy wat ewig leef en wie se Naam die Heilige is:



'Ek woon in 'n hoë en heilige plek, en Ek is by hom wat verdruk en nederig is. Ek gee nuwe krag aan die nederiges, Ek gee nuwe krag aan die verdruktes' [oorwin met droefheid oor sonde]" Jesaja 57:15.

Here, U leef vir ewig en u Naam is heilig; U woon in 'n hoë en heilige plek. U is ook by dié wat berou het en nederig van gees is. Ons loof U!



VERKLARING — Jesus is hoof oor alles in sy kerk.



"Ja, aan Hom het God alles onderwerp, Hom bo alles verhef en Hom aangestel as hoof van die kerk. Die kerk is sy liggaam, die volheid van Hom wat alles in almal vervul" Efesiërs 1:22-23.

Here Jesus, ons verklaar U as hoof oor alles in u liggaam — die kerk in Japan. Die Vader het alles aan U onderwerp.



BID — Mag Jesus se standaard van leierskap sy kerk in Japan definieer.



"Maar by julle moet dit nie so wees nie. Elkeen wat in julle kring groot wil word, moet julle dienaar wees; en elkeen onder julle wat die eerste wil wees, moet julle almal se dienaar wees. Die Seun van die mens het ook nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as losprys vir baie mense" Markus 10:43-45.

Here, ons bid dat die leiers in die Japannese kerk nie soos die leiers van die wêreld is nie; mag hulle nederige dienaars van die liggaam van Christus wees.


Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

PRAY4JAPAN - 17 Day Prayer Guide for Japan

Japan is die wêreld se tweede grootste onbereikte groep mense, selfs ná dekades van toegewyde evangelisasie en kerkteenwoordigheid. In hierdie hoogs gesofistikeerde samelewing sien die meeste Japannese Christenskap as vo...

More

Ons wil graag vir Onfire Japan bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://pray4japan.net

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid