Leesplan inligting

Ons Daaglikse Reis: 'n 30-dae Stap Saam Met JesusVoorbeeld

Our Daily Journey: A 30-Day Walk With Jesus

DAG 4 VAN 30

Geregverdig

Augustinus se Belydenisse volg die spoor van sy nuttelose jeugjare, valse godsdiens en uiteindelike geloof in Jesus. Augustinus was 'n man wat baie gehad het om te bely, en daarom was hy in die versoeking om somtyds verdedigend te wees. 'n Vertaling van een van sy gebede is: "O Here, verlos my van hierdie begeerte om myself altyd te regverdig."


'n Verhaal in Rigters vertel van 'n leier wat gekies het om homself nie te regverdig nie. Gideon het die groot Midianitiese weermag laat vlug met die hulp van net 300 manne. Daarna het hy troepe van verskeie Israelitiese stamme byeengebring om die Midianiete agterna te sit. Maar Efraim se soldate het hom uitgedaag: "Waarom het jy so met ons gemaak? Waarom het jy ons nie opgeroep toe jy teen die Midianiete gaan veg het nie?" (Rigters 8:1).


Efraim het duidelik nie die agtergrond geken nie. Gideon kon sê: "Haai, hoor hier, ek het net gedoen wat God vir my gesê het om te doen. Hoekom kla jy nie by Hom nie?" Maar hy het nie. Hy het eerder met 'n goeie mengsel nederigheid en diplomasie opgetree.


"God het die leiers van die Midianiete, Oreb en Seëb, in julle mag oorgegee. Wat het ek gedoen in vergelyking met julle?" Die geskiedenis vertel ons dat toe hulle Gideon se antwoord hoor, "Eers tóé het hulle bui gesak" (v. 3).


Dit is die menslike natuur om blaam te verskuif. Ons probeer onsself om verskeie redes vryspreek, maar die grootste rede is dalk ons trots.


Jesus het die teenoorgestelde van trots vertoon. Alhoewel Hy 'n volmaakte lewe gelei het, het Hy geweier om homself te verdedig en het gewilliglik ons blaam aanvaar en vir ons sondes aan 'n wrede kruis betaal. Ons kan Sy lewe op 'n klein wyse weerspieël deur te kies om met sagte woorde versoening te bring wanneer ons in konflik met ander is. Ons regverdiging is in Hom en Sy regverdige weë. —Tim Gustafson


MEER: Lees Johannes 18:19-23 en 19:8-11 en kyk hoe Jesus geweier het om Homself te regverdig.


VOLGENDE: Wat is jou intuïtiewe reaksie op kritiek en blaam? Hoe dink jy sal Jesus vals beskuldigings hanteer?


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Our Daily Journey: A 30-Day Walk With Jesus

Elke reis het voorrade nodig. Op die lewensreis is sommige van die beste voorrade God se Woord en 'n bietjie aanmoediging van vriende. Hierdie leesplan, "Ons Daaglikse Reis," behels 30 dae se oordenkings deur betroubare ...

More

Baie dankie aan Ons Daaglikse Brood Bedieninge wat hierdie leesplan voorsien het. Besoek http://ourdailyjourney.org vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid