Leesplan inligting

Ons Daaglikse Reis: 'n 30-dae Stap Saam Met JesusVoorbeeld

Our Daily Journey: A 30-Day Walk With Jesus

DAG 9 VAN 30

Dodelike Perspektief

Tydens die Middeleeue het sommige monnike 'n kopbeen op hulle lessenaar gesit om hulle aan hul sterflikheid en uiteindelike dood te herinner. Die benerige papiergewig was 'n opsigtelike herinnering dat die lewe verganklik is en dat hulle hul prioriteite altyd reg moes hê.


Die monnike se gebruik om na kopbene te kyk en aan die verganklike lewe herinner te word, skyn neerdrukkend te wees, maar sowel die psalmdigter as die prediker bring dit in verband met die verkryging van ware wysheid (Prediker 7:4). Die psalmdigter bid so: "Leer ons ons dae so gebruik dat ons wysheid bekom" (90:12). Beteken dit dan dat ons heeltyd morbied en neerslagtig moet wees? Nee, presies die teenoorgestelde!


Die wysheid om te onthou hoe min tyd ons op hierdie aarde het, maak dit vir ons moontlik om ander lief te hê en te koester en om dankbaar te wees vir oomblikke wat ons met hulle kan deel (Prediker 7:2). Deur aan ons dood te dink kan ons gemotiveer word om die lewe te vier en goeie keuses te maak, om God se planne te aanvaar en die dinge wat Hy in ons lewens laat gebeur (verse 13-14). Die herinnering aan die kortstondigheid van die lewe sal ons eerder lei om te onderskei wat belangrik is en wat nie. Dit behoort ons na Jesus toe te dryf sodat ons die oorvloedige lewe kan ervaar wat Hy vir ons voorsien om in en deur ons te vloei (Johannes 10:10).


Het ons miskien ons kosbare tyd onverstandig en ondankbaar gebruik op dinge wat nie regtig saak maak nie—wat "betekenisloos" is? (Prediker 7:6). Dus, omdat ons nie weet hoeveel dae ons gegun word nie, moet ons onsself eerder afvra: "Wat gaan ons doen met die lewe wat God vandag vir ons gegee het?" Jakobus het dit so gestel: "Julle is maar 'n damp wat 'n oomblik verskyn en sommer weer verdwyn (Jakobus 4:14). Dit is nou vir jou perspektief. —Marlena Graves


MEER: Lees Deuteronomium 30:15-20 en dink na oor wat Moses oor die lewe en dood gesê het.


VOLGENDE: Watter impak maak die kortstondigheid van die lewe op jou prioriteite? Hoe kan dit goed of sleg wees om oor die dood te dink?


Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Our Daily Journey: A 30-Day Walk With Jesus

Elke reis het voorrade nodig. Op die lewensreis is sommige van die beste voorrade God se Woord en 'n bietjie aanmoediging van vriende. Hierdie leesplan, "Ons Daaglikse Reis," behels 30 dae se oordenkings deur betroubare ...

More

Baie dankie aan Ons Daaglikse Brood Bedieninge wat hierdie leesplan voorsien het. Besoek http://ourdailyjourney.org vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid