Leesplan inligting

Ons Daaglikse Reis: 'n 30-dae Stap Saam Met JesusVoorbeeld

Our Daily Journey: A 30-Day Walk With Jesus

DAG 30 VAN 30

Heilig, Heilig, Heilig ...


Die teoloog R.C. Sproul het geskryf: "Wanneer die Bybel sê God is heilig, beteken dit dat God... afgesonder is. Hy is so ver verwyder van ons, dat hy totaal en al vreemd vir ons is. Om heilig te wees is om 'anders' te wees, anders op 'n spesiale manier."


As ons daaraan dink wat dit vir God beteken om heilig te wees, herken ons dit as een van sy eienskappe, insluitende liefde, guns, genade en meegevoel. Alhoewel ons heilige God baie anders en groter as ons is, laat hy toe dat ons hom ken en liefhet.


Nadat hy die Jode uit Egipte uitgelei het, het Moses 'n lied geskryf wat hul verlossing gevier en God se krag en heiligheid verheerlik het. (Eksodus 15:1-18) "Wie van die gode is soos U, Here? Wie is soos U, so hoog geëer en heilig?" (v 11)


In die Nuwe Testament beskryf die apostel Johannes 'n visioen van lofprysing in die hemel, waar gelowiges die "lied van Moses ... en die lied van die Lam" sing. (Openbaring 15:3). Hulle verklaar "Groot en wonderbaarlik is u dade, ... Reg en betroubaar is u optrede, ....Wie sal U nie vrees nie, Here, en u Naam nie verheerlik nie? U alleen is heilig!" (v 3-4) Wat 'n wonderlike, heilige God!


Tydens die min en skaars kere wat mense toegelaat was om 'n kykie in die hemel te kry, en te sien wat die engele doen, kon hulle waarneem dat die engele gedurig God se lof besing. "Heilig, heilig, heilig is die Here God." (Jesaja 6:1-3; Openbaring 4:8) God se heiligheid is die enigste van sy eienskappe wat in triplikaat verskyn. As God een keer iets van sy karakter sê, is dit lewensbelangrik. Maar as hy dit drie keer sê, is dit 'n baie ernstige beklemtoning.


Ons heilige God is wonderlik en sonder gelyke. (Jesaja 40:25) Kom ons aanbid hom vandag met hierdie verklaring: "U alleen is heilig!" (Openbaring 15:4) —K.T. Sim

NOG: Lees 1 Tessalonisense 4:7 en 1 Petrus 1:13-17. Hoe affekteer God se heiligheid ons manier van lewe?


VOLGENDE: Soek 'n lied wat van God se heiligheid praat en aanbid hom daarmee. Hoe kan jy vandag, te midde van jou omstandighede, heilig lewe?


Dag 29

Aangaande hierdie leesplan

Our Daily Journey: A 30-Day Walk With Jesus

Elke reis het voorrade nodig. Op die lewensreis is sommige van die beste voorrade God se Woord en 'n bietjie aanmoediging van vriende. Hierdie leesplan, "Ons Daaglikse Reis," behels 30 dae se oordenkings deur betroubare ...

More

Baie dankie aan Ons Daaglikse Brood Bedieninge wat hierdie leesplan voorsien het. Besoek http://ourdailyjourney.org vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid