Leesplan inligting

Ons Daaglikse Reis: 'n 30-dae Stap Saam Met JesusVoorbeeld

Our Daily Journey: A 30-Day Walk With Jesus

DAG 7 VAN 30

Heeltemal Alleen

Die bekende donkerte van kliniese depressie het oor Leigh gespoel waar sy op die rand van haar bed gesit het met haar rewolwer in haar hand—met tergende stemme wat haar dring om die sneller te trek. As 'n Christenvrou en ma het sy besef die prentjie is verkeerd, maar die verlammende siekte het haar denke verdoof. Behalwe haar man en dokter, het niemand geweet van haar daaglikse stryd nie. Leigh het die rewolwer stadig laat sak, uit die kamer geloop en besluit om uit te reik deur haar storie met ander te deel.


Na Elia se verstommende oorwinning oor die profete van Baäl, het koningin Isebel gedreig om hom dood te maak (1 Konings 19:1-2). Oorweldig deur vrees en mismoedig as gevolg van haar woorde, het hy alleen die wildernis in gevlug en onder 'n besembos gaan sit waar hy by die Here gepleit het om sy lewe te neem. "Nou is dit genoeg, Here! Neem my lewe" (verse 3,4).


Elia het aan die slaap geraak, maar 'n engel van God het hom wakker gemaak en gesê hy moet eet en drink. Hy het so gemaak en toe 40 dae en nagte geloop tot by die berg Horeb (verse 5-9). God het Elia daar ontmoet en gesê hy moet teruggaan na die wildernis toe, waar hy die toekomstige leiers moet salf (verse 15-16). Die profeet het depressief geraak as gevolg van sy desperaatheid en het alleen gevoel in sy oortuigings, maar God het hom gewys dat 7 000 ander mense ook aan Hom getrou was (v. 18).


Wanneer jy nie meer weet watter kant toe nie, bring tyd saam met God deur en wees dapper genoeg om Hom en ander te vertel hoe jy regtig voel. Alhoewel Leigh steeds met donker gedagtes worstel, het sy vertroosting gevind in die feit dat daar ander ma's is wat dieselfde depressiestryd voer. Hulle bid saam, is aanspreeklik vir mekaar en herinner hulleself gereeld aan God se teenwoordigheid en beloftes. God laat ons nooit alleen nie. —Ruth O'Reilly-Smith


MEER: Lees Deuteronomium 31:6 en dink na oor wat dit oor God en Sy teenwoordigheid openbaar.


VOLGENDE: Voel jy geïsoleer en alleen? Wees dapper genoeg om weerloos voor God en Christene wat jy vertrou, te wees. Weet net dat jy nie alleen is nie.


Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Our Daily Journey: A 30-Day Walk With Jesus

Elke reis het voorrade nodig. Op die lewensreis is sommige van die beste voorrade God se Woord en 'n bietjie aanmoediging van vriende. Hierdie leesplan, "Ons Daaglikse Reis," behels 30 dae se oordenkings deur betroubare ...

More

Baie dankie aan Ons Daaglikse Brood Bedieninge wat hierdie leesplan voorsien het. Besoek http://ourdailyjourney.org vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid