Leesplan inligting

Ons Daaglikse Reis: 'n 30-dae Stap Saam Met JesusVoorbeeld

Our Daily Journey: A 30-Day Walk With Jesus

DAG 5 VAN 30

Aanskou die Vlaktes

As daar enige waarde daarin is om op berge te klim, is dit die feit dat 'n mens van bo-af die vlaktes kan aanskou. —G.K. Chesterton


Daardie gedagte vind inslag by my. Ek het al 'n paar berge in my leeftyd geklim —sommige was werklik en ander figuurlik. Om aan te hou om hoër te klim is uitputtend en veroorsaak lyding. Maar vanaf die kruin het jy 'n uitsig wat verskuil was, 'n skoonheid wat ontbloot word. Daar kan jy rus en vrede en vreugde ervaar en besef dat die pad jou verryk het.


Rut het nie aan die begin die gevaarlike, rotsagtige bergreeks gesien nie. Die lewe het haar goed behandel. Maar toe, na tien jaar se getroude lewe het haar man en swaer gesterf (Rut 1:4-5). 'n Berg van pyn en teleurstelling het haar pad oorskadu. Sy het alleen en weerloos gevoel in die patriargale samelewing waarin sy geleef het.


Die reis teen die kant van haar berg op, het met hartseer begin. Toe Rut se skoonma hoor dat die land van Juda goeie oeste gehad het—iets wat hulle kon help onderhou—het Rut haar familie en vaderland verlaat. Verlies op verlies. 'n Laaste moeilike opdraend het oor haar pad gekom: Naomi het vir Rut en haar skoonsuster gesê om terug te gaan Moab toe en haar nie te volg nie, want sy was ook 'n weduwee. Trane het gevloei toe Naomi die vrouens groet (v. 9).


Rut het egter regop gestaan op die berg van pyn en skielik die "vlaktes" raakgesien. Sy het gesien wat sy moes doen—om by Naomi te bly en haar geloof in God te plaas (v. 16). Die reis na die piek het na 'n bergkruin ervaring gelei, waar sy die God wat haar liefhet, leer ken het.


Net soos Rut trotseer jy dalk ook probleme wat soos rotsagtige berge lyk. Hou koers, met jou oë op Christus gerig. Binnekort sal jy die "vlaktes aanskou" ... wat die goeie God vir jou beplan het. —Tom Felten


MEER: Lees Johannes 16:33 en sien hoekom jy vrede kan ervaar selfs al is daar berge van pyn in jou pad.


VOLGENDE: Watter pynvolle uitdaging ervaar jy op hierdie oomblik? Watter "vlakte" van hoop en goedheid wys God nou vir jou?


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Our Daily Journey: A 30-Day Walk With Jesus

Elke reis het voorrade nodig. Op die lewensreis is sommige van die beste voorrade God se Woord en 'n bietjie aanmoediging van vriende. Hierdie leesplan, "Ons Daaglikse Reis," behels 30 dae se oordenkings deur betroubare ...

More

Baie dankie aan Ons Daaglikse Brood Bedieninge wat hierdie leesplan voorsien het. Besoek http://ourdailyjourney.org vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid