Leesplan inligting

Ons Daaglikse Reis: 'n 30-dae Stap Saam Met JesusVoorbeeld

Our Daily Journey: A 30-Day Walk With Jesus

DAG 3 VAN 30

Gebreekte Instrumente

'n Goeie vriend het my dubbelsnaar baskitaar gebreek—'n groot, duur snaarinstrument wat in orkeste en jazz musiekgroepe gebruik word. Ons was besig om die trok te laai voordat ons na 'n optrede sou ry, en my vriend het die kitaar 'n bietjie onverskillig teen 'n skuinste neergesit. Die wind het daardie aand gewaai en die uitgeholde, instrument van hout het omgeval en op verskeie plekke gebreek.


"Ek is so jammer!" het hy uitgeroep en my verseker hy sou die geld in die hande kry om dit te laat regmaak. Hy het skuldig gevoel en wou heelmaak wat hy gebreek het, maar hy kon dit nie eintlik bekostig nie. Ek kon ook nie daarvoor betaal nie, dus het my ouers aangebied om dit te laat regmaak. Hulle het 'n duur prys betaal vir iemand anders se fout.


Levitikus 16 handel oor die Dag van Versoening, 'n jaarlikse seremonie wat ingestel was om die sondes van die mense van antieke Israel skoon te was (verse 29-30). Dit was 'n dag toe bokke doodgemaak is sodat God se mense kon lewe (verse 15-17, 20-22). Die diere is dood weens sonde; want die mense se oortredinge teenoor God, het die dood as betaling geverg (10:1-3; Romeine 6:23).


Dieselfde is vandag waar. Sonde veroorsaak nog steeds die dood, maar die Skrif verklaar dat "elkeen wat die naam van die Here aanroep, gered sal word" en dat Jesus se bloed die volmaakte offer vir ons sondes is (10:13; Hebreërs 9:12-14). Hy het die prys betaal vir dit wat ons gebreek het (2 Korintiërs 5:21).


Dit is maklik om by Levitikus 16 verby te kyk in ons Skriflesing. Dit is in die middel van 'n gedeelte van die Bybel wat moeilik lyk om in ons lewe toe te pas. Maar dit is ook 'n blik op God se werk: Net Hy doen versoening—betaal die skuld vir ons sondes. Dit is deel van 'n tema wat ontwikkel in die groter verhaal van die Bybel: God is sterker as die dood. Lees vandag Levitikus 16 met nuwe oë en dank Jesus vir sy versoeningswerk. —Andy Rogers


MEER: Lees Hebreërs 9:1—10:18 saam met Levitikus 16 en dink na oor die temas versoening en offers wat regdeur die Bybel gevind word.


VOLGENDE: Het iemand al ooit betaal om iets reg te maak wat jy gebreek of vernietig het? Hoe help hierdie ervaring jou om die versoeningsoffer van Jesus beter te verstaan?


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Our Daily Journey: A 30-Day Walk With Jesus

Elke reis het voorrade nodig. Op die lewensreis is sommige van die beste voorrade God se Woord en 'n bietjie aanmoediging van vriende. Hierdie leesplan, "Ons Daaglikse Reis," behels 30 dae se oordenkings deur betroubare ...

More

Baie dankie aan Ons Daaglikse Brood Bedieninge wat hierdie leesplan voorsien het. Besoek http://ourdailyjourney.org vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid