Leesplan inligting

Ons Daaglikse Reis: 'n 30-dae Stap Saam Met JesusVoorbeeld

Our Daily Journey: A 30-Day Walk With Jesus

DAG 6 VAN 30

Die Hand van God

Lorenzo Quinn se 408 kg aluminium beeldhouwerk, genaamd "Hand van God", is 'n geweldige groot oop hand met 'n man wat op die hoogste punt van die handpalm sit. Die man lyk bekommerd en sy houding weerspieël diepe mismoedigheid. Maar die hand wat hom omhoog hou is baie groter as wat hy is.


In sekere omstandighede sê ons: "Dis in God se hande", bedoelende dat Hy die uitkoms sal bepaal. Dawid het dit herken toe sy seun Absalom probeer het om koning van Israel te word. "So het die sameswering ernstige afmetings aangeneem, en die volk het al hoe meer na Absalom toe oorgeloop" (2 Samuel 15:6-12).


Toe Dawid uitvind dat almal in Israel agter Absalom aangaan, het hy Jerusalem verlaat. Sadok en die Leviete wat die verbondsark gedra het, het hom gevolg (v. 24). Dawid is die wildernis in en het Sadok beveel om die verbondsark terug te vat na die stad toe. Hy het gesê: "As die Here my dit vergun en my terugbring, sal Hy my die ark en sy heiligdom weer laat sien. Maar as die Here sou te kenne gee: ‘Ek is nie meer tevrede met jou nie,’ sal ek dit aanvaar. Dan kan Hy met my maak soos Hy dit goedvind" (verse 25,26).


Ek vind dit vreemd dat Dawid, 'n beroemde kryger, nie probeer het om teen Absalom te veg om die troon terug te kry nie. En alhoewel hy diep bedroef was, was hy nie wanhopig nie. Dawid het besef dat hy totaal en al in God se hande was. Hy het geweet dat God sou bepaal wie koning oor Israel sou wees—nie hy of Absalom nie.


Tydens 'n ander moeilike tyd in Dawid se lewe, het iemand hom herinner: "Die Here u God [sal] u veilig by Hom hou soos ’n herder ’n klippie veilig in sy sak bêre" (1 Samuel 25:29 DB). As gelowiges, kan ons rus vind in dieselfde God wat Dawid veilig gehou het. Ons kan ontspan en Hom vertrou. Hy weet wat Hy doen en soos Jesus gesê het: "Niemand kan hulle [gelowiges] uit die hand van die Vader ruk nie" (Johannes 10:29). —Jennifer Benson Schuldt


MEER: Lees Johannes 10:27-30 en vind uit watter versekering 'n gelowige in Jesus het. Lees Psalms 32:8 vir vertroostende woorde vir diegene wat in Sy hande is.


VOLGENDE: Glo jy dat jy bepaal wat met jou gebeur, of glo jy God bepaal jou lewe? Hoe mag dit jou geestelike lewe beïnvloed?


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Our Daily Journey: A 30-Day Walk With Jesus

Elke reis het voorrade nodig. Op die lewensreis is sommige van die beste voorrade God se Woord en 'n bietjie aanmoediging van vriende. Hierdie leesplan, "Ons Daaglikse Reis," behels 30 dae se oordenkings deur betroubare ...

More

Baie dankie aan Ons Daaglikse Brood Bedieninge wat hierdie leesplan voorsien het. Besoek http://ourdailyjourney.org vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid