Leesplan inligting

Ons Daaglikse Reis: 'n 30-dae Stap Saam Met JesusVoorbeeld

Our Daily Journey: A 30-Day Walk With Jesus

DAG 8 VAN 30

Is Daar WiFi?


'n Paar jaar gelede het ek 'n groep jongmense op 'n sendingreis geneem. Hoe nader ons aan die vertrekdatum gekom het, was die vraag wat hulle die meeste gevra het: "Is daar WiFi?" Verbeel jou nou die gekerm en gekla toe die WiFi een aand nie gewerk het nie! Baie van ons raak angstig as ons nie ons slimfone byderhand het nie. Wanneer ons dan ons iPhones of Androids in ons hande het, is ons oë vasgenael op die skermpie.


Soos alle goeie dinge wat ons ken, kan WiFi en alles waartoe ons daardeur toegang kry, óf ons aandag aflei óf 'n seën wees. Dit hang af wat ons daarmee doen. In Spreuke lees ons: "'n Verstandige mens is op soek na kennis; 'n dwaas voed homself met dwaasheid" (15:14). Die gesonde kos wat ons elke dag kies om te eet, verg dissipline en mag dalk nie so heerlik of verleidelik soos gemorskos wees nie. Dit is dus altyd belangrik dat ons versigtig is waarna ons aanlyn kyk.


Wat behels dit? Dit kan so eenvoudig wees soos om twee keer te dink wie jy op Instagram gaan volg. Bring die dinge wat hulle plaas "vreugde vir dwase" of moedig dit 'n sinvolle lewe aan? (v. 21). Weerspieël jou Facebook inskrywings of Snapchat boodskappe die hart van "'n godsdienstige mens wat dink voor hy praat" of die "goddelose mens wat net slegte dinge sê?" (v. 28).


Die woorde van Spreuke 15:14 stel dit duidelik: Ons is wat ons eet . . . en wat ons aanlyn doen en na kyk. Voed jouself met wysheid, dan sal jy meer geneig wees om wys te word. Voed jouself met gemors, en jy stuur op 'n ramp af.


Wanneer ons toelaat dat die Heilige Gees in ons werk, kan ons ons gedagtes en draagbare toestelle se skerms vul met dinge wat "alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is " (Filippense 4:8). Met God se wysheid kan ons goeie keuses maak, aanlyn sowel as in elke aspek van ons lewens. —Poh Fang Chia


MEER: Lees 1 Korintiërs 10:23 en 1 Tessalonisense 5:21-22 en dink na oor die wyse raad wat ons daaruit kry oor wat ons aanlyn doen en sê.


VOLGENDE: Wys jou sosiale media gewoontes dat jy 'n persoon is wat honger is vir kennis of dat jy op gemors teer? Op watter maniere kan jy sosiale media met wysheid gebruik—om God te eer?


Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Our Daily Journey: A 30-Day Walk With Jesus

Elke reis het voorrade nodig. Op die lewensreis is sommige van die beste voorrade God se Woord en 'n bietjie aanmoediging van vriende. Hierdie leesplan, "Ons Daaglikse Reis," behels 30 dae se oordenkings deur betroubare ...

More

Baie dankie aan Ons Daaglikse Brood Bedieninge wat hierdie leesplan voorsien het. Besoek http://ourdailyjourney.org vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid